Padstal-belewenis
Tanja Bause
Sowat 40 km buite Keetmanshoop op die pad na Grünau, is Kitchen 51.
By dié padstal, wat in Oktober verlede jaar sy deure geopen het, word lafenis vir reisigers gebied.
“Ons het ’n regte outydse oond waarin ons elke dag al ons koekies, pasteitjies en plaasbrood bak,” het die eienaar, me. Jeanette Wolfaardt, gesê. Volgens haar is veral die roosterkoek en kaiings onder besoekers gewild.
By Kitchen 51 is daar nie net lekker kos en tuisgemaakte konfyte te koop nie, maar ook ’n verskeidenheid handgemaakte items.
Wingerde en ’n sitrusboord is aangeplant wat geoes word vir die maak van marmelade en konfyt. Die vrugte en sultanadruiwe sal ook by die padstal verkoop word, asook die groente wat tans in Wolfaardt se tuin groei.
“Ons wil soveel moontlik self plant, verwerk en verkoop. Dit moet vars uit die grond of van die boom kom en op die verbruiker se tafel eindig,” het sy gesê.
Dit is waarskynlik ook die enigste plek in Namibië wat skaapbiltong maak en verkoop. Uiteraard is daar ook heerlike springbok-, gemsbok- en beesbiltong asook droëwors te koop. Daar is ook rypgemaakte vleis op die spyskaart.
“Die padstal is op die plaas Geduld geleë en 51 is die plaasnommer. Ons wou graag iets van die plaas in die padstal naam hê, dus Kitchen 51,” het Wolfaardt gesê.
Die padstal voorsien op die oomblik werk aan vier personeellede en volgens Wolfaardt groei die onderneming stadig maar seker, met veral Suid-Afrikaners wat aan padstalle gewoond is wat kom inloer.
“Ek dink daar is ’n leemte in Namibië wat padstalle betref. Ons probeer om mense se siening te verander en hulle bloot te stel aan alles wat met ’n padstal te doen het,” het Wolfaardt bygevoeg.
Daar is tans net twee sulke padstalle in Namibië waar mense oor ’n lekker koppie koffie en ’n bord tuisgemaakte kos kan sit en ontspan voordat hulle die pad verder aandurf.
Intussen word oornagfasiliteite ook opgerig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie