Padsterftes styg met 12%
Padsterftes styg met 12%

Padsterftes styg met 12%

Tanja Bause
Tanja Bause

“Altesaam 2 579 ongelukke is vir die periode 1 Januarie tot 14 November vanjaar by die polisie aangemeld. Dit volgens komm. David Indongo, die Namibiese polisie se bevelvoerder in die ||Kharasstreek.

Volgens ongelukstatistieke is 4 464 beserings en 426 sterftes aangemeld. In vergelyking met dieselfde tydperk die vorige jaar het ongelukke met 8%, beserings met 6% en sterftes met 12% toegeneem.

“Dit wys duidelik padgebruikers hou nie by die padreëls nie,” het Indongo tydens die opening van vanjaar se padveiligheidsveldtog vir die feesseisoen in Keetmanshoop gesê.

Tydens die feesseisoen se padveiligheidsveldtog vir 2020-’21 is 471 ongelukke met 866 beserings en 84 sterftes aangemeld.

Volgens hom het die polisie reeds meer verkeersbeamptes – veral op die B1 en B2 – by padblokkades ontplooi.

“Die beamptes sal onder meer na die belading van voertuie, padwaardigheid van voertuie en spoed kyk. Hulle sal ook lukrake alkoholtoetse doen.” - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!