Padveiligheidsveldtog op dreef
Tanja Bause - Vanjaar se nasionale padveiligheidsveldtog onder die tema “Doen die regte ding en red lewens” het gister (18 Nov) afgeskop.
Die veldtog sal van 18 November tot 15 Januarie 2020 geld en veral op die B1 en B2 sigbaar wees.
Volgens mnr. Ambrosius Tierspoor van die Nasionale Padveiligheidsraad (NRSC) sal verkeersbeamptes padveiligheid landswyd met ’n spesiale fokus op die B1- en B2-roetes bevorder.
Meer padblokkades sal opgestel word en meer snelwegpatrollies sal gedurende die veldtog sigbaar wees.
“Wetstoepassing sal op bestuurders en voertuie se bekwaamheid en geskiktheid fokus, en alkoholtoetse sal gedoen word. Ons teiken 500 bestuurders, wat ons saam met die Walvisbaai-korridorgroep vir alkohol wil toets,” het Tierspoor gesê.
Mnr. Eugene Tendekule het mnr. Eliphas !Owos-Oab, die NRSC se voorsitter, se verklaring voorgelees.
“Ons het ’n plig om ’n kultuur van verkeersveiligheid te skep wat selfregulering bevorder. ’n Kultuur wat daartoe lei dat padgebruikers hulself polisieer. Weens beperkte hulpbronne is die handhawing van die wet op sy beste sporadies, inkonsekwent en voorspelbaar.
“Dit is ons oortuiging dat die wet sonder vrees of voorkeur afgedwing moet word. Die gevolg is die afname in die jaarlikse padsterftekoers van 778 in 2017 na 571 in 2018 weens die ontplooiing van die B1- en B2-taakmag vir ses maande,” het hy gesê.
Volgens die verklaring word mense tussen 15 en 29 die meeste deur padongelukke geraak.
“Kinders en jongmense word gewoonlik die ergste deur padongelukke geraak en dit is die grootste oorsaak van dood, en die tweede algemeenste oorsaak van kinders se hospitalisasie in die wêreld.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie