Padvinders vier eeu met eie seël

Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee – Die Namibiese Padvinders vier vanjaar hul honderdste bestaansjaar en as deel van hul vieringe het hulle ook hul eie posseël bekend gestel.

Dié pragtige seël is deur mnr. Helge Denker ontwerp.

“Ons is so opgewonde dat die padvinders hierdie mylpaal bereik het en dat ons dit op so 'n mooi manier kan vier,” het mnr. Jim Kastelic, hoofpadvinder, gesê.

“Om 'n padvinder te wees behels om te leer en kennis te deel oor onderwerpe soos persoonlike ontwikkeling, veldkunde en gemeenskapsbetrokkenheid.

"Ons het gevoel dit is 'n geskikte manier waarop ons die Namibiese Padvinders se honderdste jaar kan vier en dit met die res van die wêreld kan deel,” het hy gesê.

Die Namibiese Padvinders spog met meer as 2 000 lede en hulle groei jaarliks soos meer mense besef die organisasie is oop vir almal - mans, vrouens en kinders.

Padvinders bestaan in meer as 200 lande.

Die seël, wat al van 17 Februarie af versprei word, beeld twee jong padvinders uit wat met selfvertroue en trots in hul padvinder-uniforms poseer.

Me. Tangeni Erkana, hoofbestuurder van NamPost se kleinhandeldienste, het die padvinders geprys vir hul werk om jongmense van alle agtergronde te bemagtig. Sy het hulle gelukgewens met hul eeufees en nuwe seël.

“Die publiek kan meer leer hoe belangrik die padvinders vir Namibië se jeug is. Seëls is 'n ekonomiese en doeltreffende ambassadeur vir enige land, omdat hul ontwerp deel van ons geskiedenis is. Met die hierdie eeufeesseël het ons 'n nuwe ambassadeur vir Namibië geskep met elke keer wat iemand 'n brief of poskaart van Namibië af stuur,” het sy gesê.

Me. Hannelie Maasdorp, bestuurder van filatelie by NamPost, het die publiek aangemoedig om die seëlsentrum by die Windhoekse hoofposkantoor te besoek om meer oor posseëlkunde uit te vind en ook om te vra oor die moontlikheid om hul eie gesig op 'n waardige seël te kry.

“Organisasies of selfs lede van die publiek is meer as welkom om by ons 'n draai te maak om meer uit te vind oor ons filateliedienste en hoe jy jou ontwerp vir 'n waardige posseël 'n realiteit kan maak,” het sy gesê.

Met meer as 60 miljoen padvinders in meer as 200 lande wêreldwyd, is dit die wêreld se mees suksesvolle jeugprogram. Veral met hul buitelewe-benadering in 'n tyd van groeiende afhanklikheid van tegnologie.

Die Namibiese Padvinders se posseël is by poskantore landwyd beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!