Pak die lewe volstoom aan
Leandrea Louw – Soveel dinge gebeur tans in ons land, selfs wêreldwyd, en dit is baie maklik om weg te raak in al die negatiwiteit.
Dis einde van die jaar, so ons almal is moeg – tot my moeg is moeg. Ek’t wel ’n verskoning, want ek’s besig om ’n mensie te groei – ons is by 20 weke, so ons is amper daar.
Maar ek wil nie skryf oor die sooibrand, of die cravings nie, daar is baie van ons wat weet waarvan ek praat.
Om terug te kom na my punt; teen hierdie tyd is almal moeg. Dan is daar weer mense soos Gideon (the Amphibian Namibian) Nasilowski wat regmaak om die “challenge of a lifetime” aan te pak.
Alhoewel alles van die Kaapse weer afhang, oefen hy nou al vir meer as ’n jaar om binnekort die sewe kilometer vanaf Robbeneiland tot by Bloubergstrand aan te pak. En hy gaan dit swem!
In koue waters waar haaie volop is!
Ek kry skoon hoendervleis. “As for me”, ek is vrek bang vir die see. Ek is wel baie lief vir die see, maar so verskriklik bang, en hier is Gideon, ’n gestremde persoon reg om dié uitdaging aan te pak.
Soos ons gesels, vertel hy my sy doel is om mense te inspireer, al is dit net een mens.
Ek kan nie ophou dink dat hy ’n hart vir sy medemens het nie. Om vir mense te wys sy gestremdheid hou hom nie terug nie, en dat hy nie ’n bang haar op sy lyf het nie. Mind you, Gideon was bang vir water toe hy jonger was, maar hy het dié vrees oorkom.
Wat vir my uit ons gesprek uitgestaan het, is dat hy nie bang is nie. Hy lewe sy lewe passievol en voluit.
So wat is nou eintlik my en jou verskoning?
Dit laat my dink dat ons “normale” mense, met funksionele ledemate, met ons volle sig, en en en, ons eintlik diegene is wat gestremd is. Ons is so gou om te kyk na mense met gestremdhede en te dink shame, maar eintlik moet ons onsself bejammer.
Ek het ’n oom wat verstandelik gestremd is. Hy het sy afdae, maar jy kan hom niks vertel as dit kom by die Bybel nie. Hy ken die Bybel van hoek tot kant en jy kan hom enigiets vra. Hy is lief om altyd my kennis te toets. Goed soos hoe oud was Adam die dag toe hy dood is (930 jaar, dankie Oom H). Dit gee jou, liewe leser, net ’n idee van hoe goed sy geheue is, ten spyte van sy gestremdheid.
Ek vra weer, wat is my verskoning nou eintlik om daardie boek te skryf en te publiseer? Wat is my verskoning om daardie een droom aan te pak wat my so bang maak? Ek sal eerder terugsit en niks daaraan doen nie.
Gideon het my daaraan herinner die Liewe Heer het ons nie ’n gees van vrees gegee nie. Hy sê verskeie kere in die Woord, “moenie bang wees nie’. Altesaam 365 keer, om presies te wees. Sjoe.
Gideon, jy wou een mens inspireer, en jy het!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie