Pak u2019n gesonde kosblik
Pak u2019n gesonde kosblik

Pak ’n gesonde kosblik

Lloyd Zandberg
Dit is ’n uitdaging om ’n kosblik skool toe stuur wat leeg terugkom. Maar dit is moontlik. Hier is ’n paar wenke wat jou sal help om die komende week se terug-skool-toe-kosblik te pak.

Betrek jou kind by die proses. Vra eenvoudig: “Wat wil jy in jou kosblik hê?” sê die Amerikaanse dieetkundige Liz Weiss. “As hy nie eet wat jy inpak nie, kry hy in elk geval nie die voedingswaarde daarvan nie.”

Sorg dat die kos lekker lyk. As jy appelstukke insit, sprinkel suurlemoensap oor sodat dit nie verbruin nie.

Kinders hou van speel, so sorg dat hulle dit ook met hul kos kan doen. Pak byvoorbeeld ronde volgraanbeskuitjies, tamatiesmoor, stukkies hoender en geras­perde kaas in afsonderlike houers, met ’n nota wat sê: “Bou jou eie mini-pizzas.”

Baie jong kinders wissel hul melktande of dra draadjies. Hulle sal byvoorbeeld nie ’n heel appel kan eet nie, so sny dit eerder in kleiner skyfies.Vries die bottel water wat jy inpak oornag. Dan bly dit koud en hou dit jou kind se kos ook sommer koel.

Wees voorbereid, dit sal keer dat jy ongesonde besluite oorhaastig neem net om die kosblik gepak te kry.

As jy byvoorbeeld pastaslaai wil inpak, kook die pasta die vorige aand al. Of sny groente soos komkommer en wortels vooraf in stokkies en hou dit in die yskas saam met ’n lekker doopsous.

Pak iets interessanter in as ’n toebroodjie. Hierdie tortilla-broodjies val in die meeste kinders se smaak – en jy kan die vulsel ook aanpas.

Jy benodig:

1 tortilla

10 ml pesto of mayonnaise

2 snye ham

1 klein tamatie, gesny

80 ml cheddarkaas, gerasper

1 knippie sout en gemaalde swartpeper

Maak so:

Sit die tortilla op ’n groot bord en smeer die pesto of mayonnaise oor.

Stapel die ham en tamatie oor die een helfte van die tortilla en sprinkel die kaas oor. Gooi die sout en peper oor en vou toe sodat die tortilla soos ’n halfmaan lyk.

Rooster aan albei kante in ’n pan op die stoof, totdat die kaas gesmelt het en die tortilla goudbruin is. Laat afkoel, sny in twee en plaas in die kosblik. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!