Pakistan: Imran Khan loop voor in verkiesing
Pakistan: Imran Khan loop voor in verkiesing

Pakistan: Imran Khan loop voor in verkiesing

Die helfte van die stemme ná die verkiesing in Pakistan is reeds getel en die voorlopige uitslae dui daarop dat Imran Khan, die ­voormalige krieketheld en leier van die Pakistan Tehreek-e-Insaf (PTI), voorloop.

Die BBC berig sy teenstander, Nawaz Sharif, van die ­mededingende Pakistan Muslim League-Nawaz (PML-N), voer reeds aan daar was knoeiery by die stembus.

Op stemdag Woensdag het 'n selfmoordbomaanvaller buite 'n ­stemlokaal in Quetta toegeslaan.

Minstens 31 mense is in die aanval dood en tientalle is beseer.

Khan het die bomaanval op Twitter veroordeel en gesê “vyande van Pakistan is daarop uit om die ­demokratiese proses te ontwrig.”

Hy het ook 'n beroep op mense gedoen om steeds te gaan stem.

Die Islamitiese Staat (Isis) het aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar.

Die verkiesing is oor­skadu deur kommer oor politieke onstabiliteit, ­honderde ­inhegtenisnames en beskuldigings van ­wydverspreide inmenging deur die weermag.

Dit is slegs die tweede keer in 71 jaar dat ­Pakistani's in 'n demokratiese verkiesing kan stem.

Die amptelike uitslae van die verkiesing word eers gisteraand verwag. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!