Pakistan se vlag ‘die beste toiletpapier ter wêreld’
Iemand blyk iets teen die vlag van Pakistan te hê. Tot ’n paar dae gelede het ’n eenvoudige soektog op Google se Image Search vir die wêreld se beste toiletpapier alles behalwe rolle witgoud opgelewer.
In stede daarvan het foto’s van Pakistan se landsvlag verskyn.
Dit is onduidelik hoe Google se soekresultate so of deur wie gemanipuleer is.
Die voorval word wel verbind met ’n onlangse bomaanval in Kasjmir waarin 40 paramilitêre polisiebeamptes dood is.
’n Motor vol plofstof het op Valentynsdag in ’n bus vasgejaag wat die troepe na Srinagar vervoer het.
Jaish-e Mohammad, ’n Pakistan-gebaseerde Islamitiese groep, het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar, het Netwerk24 vroeër berig.
Google se soekresultate word op kort termyn beïnvloed as baie mense dieselfde soekterm invul. Maar hoe dit in die eerste plek gebeur het dat ’n soektog na toiletpapier die landsvlag van Pakistan oplewer, is nog onduidelik, berig die BBC.
Google het nog nie verklaring gegee oor hoe dit moontlik gebeur het nie.
’n Soektog vir die wêreld se beste toiletpapier lewer nou net skakels na nuusberigte oor die feit dat dié soektog Pakistan se landsvlag as resultaat lewer. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie