Pakistan skiet glo Indiese vegvliegtuie af
Pakistan het gesê hy het ’n nie-militêre teiken in Indië aangeval, maar gesorg dat daar geen lewensverlies is nie.
Pakistan beweer hy het Woensdag twee Indiese vegvliegtuie afgeskiet en teikens in Indië aangeval nadat dié land die vorige dag “terreurkampe” in Pakistan aangeval het.
Dit is die eerste keer sedert 1971 dat Indië op teikens in Pakistan losbrand.
Die land beweer hy het terreurkampe van die groep Jaish-e-Mohammed (JeM) aangeval nadat die groep in ’n selfmoordbomaanval die dood van 40 Indiese paramilitêre polisielede in Kasjmir veroorsaak het.
Albei lande het in die laaste twee dae lugaanvalle op mekaar geloods. Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat twee kernmoondhede dit doen. Soldate op die grond het ook in verskeie gebiede op mekaar geskiet.
Indië beweer dat talle lede van die JeM-groep in die lugaanval gesterf het, terwyl Pakistan dit ontken en aanvoer dat die bomme in ’n bos geval het en niemand beseer is nie.
Indiese vegvliegtuie het Woensdag in Pakistan se lugruim gevlieg en twee is afgeskiet, het genl.maj. Asif Ghafoor, woordvoerder van Pakistan se weermag, gesê.
NIE-MILITêRE TEIKEN
Volgens hom het een aan Indië se kant van die grens in Kasjmir geval, terwyl die ander een aan Pakistan se kant neergestort het.
Volgens Ghafoor is die vlieënier gevange geneem.
Pakistan het gesê hy het ’n nie-militêre teiken in Indië aangeval, maar gesorg dat daar geen lewensverlies is nie.
“As Indië sogenaamde terroriste-ondersteuners sonder enige getuienis in Pakistan aanval, het ons die reg om terug te slaan teen elemente wat deur Indië beskerm word terwyl hul dade van terreur in Pakistan pleeg,” lui ’n verklaring van Pakistan se ministerie van buitelandse sake.
’n Woordvoerder vir Indië se departement van verdediging was nie vir kommentaar beskikbaar nie.
Die polisie in die Indiese deel van Kasjmir het gesê twee vlieëniers en ’n burgerlike is dood nadat ’n Indiese vliegtuig neergestort het. Die polisie het nie bevestig dat die vliegtuig afgeskiet is nie.
Lughawens in die noorde van die land is as voorsorgmaatreël vir 'n tyd lank Woensdagoggend gesluit, maar vlugte is intussen hervat.
AMERIKA
Mike Pompeo, Amerika se minister van buitelandse sake, het afsonderlik met Indië en Pakistan se ministers van buitelandse sake gepraat om hulle te probeer oortuig om hul vyandelikhede te staak.
“Ek het hulle gevra om selfbeheersing aan die dag te lê en tot elke prys te voorkom dat die situasie vererger. Ek het hulle gevra om met mekaar te praat,” het Pompeo gesê.
Ook China en die Europese Unie (EU) het om selfbeheersing gevra. Ook die minister van buitelandse sake van Nieu-Seeland, Winston Peters, het sy kommer oor die toenemende spanning uitgespreek.
In Afganistan het die Taliban albei lande gevra om hul vyandelikhede te staak omdat dit die vredesproses in dié land kan benadeel. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie