Palladium breek deur US$1 000 per ons
Palladium breek deur US$1 000 per ons

Palladium breek deur US$1 000 per ons

Palladium het Maandag vir die eerste keer sedert 2001 teen meer as US$1 000 per ons verhandel.

Dié metaal is een van die vier platinumgroepmetale.

Dit word in die katalitiese omsetters van brandstof-aange­drewe voertuie gebruik.

Die metaal was vanjaar een van die beste presteerders. Die prys het vanjaar reeds met 48% gestyg.

Dit is drie keer meer as waarmee die goudprys en bykans tien keer meer as waarmee die platinumprys gestyg het.

“Palladium se prysstyging word steeds aangedryf deur die positiewe momentum danksy die verwagtinge van 'n tekort te midde van stygende vraag,” sê Ole Hansen, hoof van hulpbronstrategie by Saxo Bank in Londen.

Palladium het in September vir die eerste keer in 16 jaar teen 'n hoër prys as platinum verhandel.

Platinum word gebruik om die uitlaatgasse van dieselmotors te suiwer. Die vraag na dié motors het egter veral in Wes-Europa gedaal nadat verskeie vervaardigers erken het dat hulle met toetse vir die uitlaatgasse van hul voertuie gekul het.

Dinge kan verder versleg vir platinum. Die Europese mark vir dieselenjins kan teen 2025 halveer, en dit kan moontlik die vraag na platinum met tussen 300 000 onse en 600 000 onse oor die volgende tien jaar laat daal.

Palladium sal na verwagting steeds 'n tekort toon, hoewel die tekort oor die lang termyn sal daal.

Citigroup verwag dat platinum-oorskotte tot 2020 sal voortduur, terwyl die tekort aan ­palladium in 2018 tot meer as 1 miljoen onse sal toeneem. Teen 2020 sal die tekort aan palladium tot 750 000 onse krimp.

Die pryse van nywerheids­metale het vanjaar oor die algemeen gestyg namate die wêreld­ekonomie kop optel.

Koper het Maandag vir die eerste keer sedert 2014 teen meer as US$7 000 per ton verhandel. Palladium het om 12:40 teen US$1 005 per ons verhandel.

– Netwerk24/Bloomberg, verwerk

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!