Palliatiewe sorg vir kankerpasiënte uitgebrei
Die Kankervereniging van Namibië (CAN) het 'n beroep op geskikte gekwalifiseerde en opgeleide geregistreerde verpleegsters met ondervinding in palliatiewe sorg in alle streke van die land gedoen om as bystand en ondersteunende versorgers te registreer.
Dit vorm deel van CAN se voortgesette pogings om programme te ontwikkel en die voetspoor van hoop vir mense wat deur kanker geraak word, verder uit te brei.
Om wanneer nodig ondersteuning aan palliatiewe kankerpasiënte en hul gesinne te verskaf wanneer nodig, sal die hulp van die konsultantverpleegster ingeroep word om pasiënte te besoek, rehabiliterende en gehalte- palliatiewe sorg of sterwensbegeleiding te verskaf vir kankerpasiënte wat by die vereniging aangemeld is.
Tariewe van die Vereniging vir Namibiese Mediese Fondse (Namaf) en voorwaardes sal bykomend tot die beleid geld wat CAN se program vir finansiële ondersteuning vir kankerpasiënte bestuur.
Geskikte, gekwalifiseerde en geregistreerde verpleegsters met 'n bewese rekord in palliatiewe sorg wat graag by die program wil betrokke raak, kan by sr. Aina Nghitongo by [email protected] navraag of aansoek doen. Vir meer inligting kan CAN se webtuiste by www.can.org.na of hul Facebook-blad CANNamibia besoek word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie