Pandemie eis nog 'n skoolhoof
Tsumeb Gimnasium bring hulde aan mnr. Bakkies Grobbelaar wat gister aan Covid-19 dood is.
Henriette Lamprecht – Enkele weke nadat Covid-19 die lewe van ’n skoolhoof van ’n private skool aan die kus geëis het, het die viruspandemie gister ook die lewe van mnr. Bakkies Grobbelaar, skoolhoof van Tsumeb Gimnasium geëis.
Mnr. Henry McCarthy, skoolhoof van Pro-Ed Akademie, is op 8 Mei in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek dood.
Mnr. Wouter Niehaus, Tsumeb Gimnasium se uitvoerende hoof, het in ’n roerende skrywe op die skool se blad gesê: “Mnr. Bakkies was nie iemand vir wie die dood ’n angel meer ingehou het nie. Hy het presies geweet wie sy Vader is en waarheen hy op pad is. Ons hartseer is omdat ons ’n baie goeie vriend, hoof en mentor verloor het”.
Volgens Niehaus het Grobbelaar “baie dieptes getrap”. As huldeblyk gaan die skool Vrydag ’n geslote byeenkoms vir leerlinge en personeel hou. ’n Verbyrit vir die ouers word terselfdertyd vir die ouers beplan.
“Elkeen wat ’n blommetjie wil bring, is baie welkom om dit tydens die verbyrit af te gee of te stuur. Die blomme sal tydens die huldeblyk op die verhoog gesit word,” sê Niehaus.
“Ons dank die Here dat Hy die finale oorwinning is en dat Hy mnr. Bakkies vir ons vir ’n tydjie lank geleen het”.
Die skoolhoof van die Moria Privaatskool op Outjo, mnr. Neil Prinsloo, is intussen ook gister weens Covid na Otjiwarongo geneem waar hy gestabiliseer en buite gevaar is en nié kritiek of in ’n intensiewesorgeenheid is soos wat in die sosiale media berig is nie.
– [email protected]
FOTO
Die skoolhoof van Tsumeb Gimnasium, mnr. Bakkies Grobbelaar. FOTO FACEBOOK

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie