Pandemie kniehalter nie triënnale
Die 2020 Bank Windhoek-triënnale het altesaam 277 inskrywings ontvang. Altesaam 96 kunstenaars is in Windhoek gebaseer en die ander 181 kunstenaars is uit alle uithoeke van die land.
Die prysuitdeling en die amptelike opening van die uitstalling sal op Donderdag 8 April plaasvind. Die publiek kan die uitstallings vanaf Vrydag 9 April tot Saterdag 3 Julie besoek.
Die triënnale is 'n inisiatief wat die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) en Bank Windhoek normaalweg elke drie jaar aanpak en word vanjaar vir die vyfde keer aangebied. Die amptelike opening van die triënnale sal regstreeks op NAGN se Facebook-blad uitgesaai word en die kunswerke sal in die galerye en op die webblad uitgestal word.
“Ons sal 'n wêreldwye gehoor via virtuele platforms en met 'n elektroniese katalogus betrek,” het me. Snobia Kaputu, die NAGN se uitvoerende hoof, gesê.
Kaputu het bygevoeg die triënnale het vanjaar baie sterk inskrywings ontvang, met kunswerke wat met buitengewone tegnieke en ongewone materiale geskep is.
UITEENLOPENDE MEDIUMS
“Hierdie inskrywings wissel in verskillende kategorieë, van meer tradisionele akrielstukke op doek, olies en beeldhouwerke tot meer innoverende benaderings soos tekeninge wat met draad gemaak is en verfwerk met tou en spykers,” voeg sy by.
Alle kunstenaars met Namibiese burgerskap, domisilie of permanente verblyf kan aan dié hoogs mededingende kunswedstryd deelneem.
Die Bank Windhoek-triënnale is 'n belangrike platform vir die smee van bande en 'n kans vir kunstenaars om hul portefeuljes te bevorder.
“Dié driejaarlikse geleentheid is 'n viering van visuele kuns in Namibië, terwyl dit 'n platform bied vir die ontwikkeling en bevordering van die plaaslike visuele kunsbedryf,” sê me. Bronwyn Moody, Bank Windhoek se hoof van korporatiewe maatskaplike beleggings, borgskappe en geleenthede.
“Kunstenaars het hul Covid-19-ervaring vanjaar in boeiende meesterstukke omskep.”
Die eerste kompetisie het in 2008 plaasgevind, terwyl die vyfde ronde in September 2020 sou plaasvind.
Weens Covid-19 moes laasgenoemde geleentheid tot 6 November uitgestel word.
Dié uitstel het kunstenaars meer tyd gegun om hul werk te voltooi en in te dien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie