Pandemie-troupyne
Pandemie-troupyne

Pandemie-troupyne

Yandi Du Plessis
Hoe ons na trou kyk en troues beplan, het oornag verander weens Covid-19.

Vir die toekomstige bruidspare is die spanning rondom hul spesiale dag nóg meer intens: Gaan nog ’n inperking ingestel word voor ons troudatum? Sal ons meer as 200 gaste op ons troue mag hê? Wie kontak ek eerste as ek my datum wil uitskuif? Hoe gemaak met gaste wat van ver af moet kom?

Twee troubeplanners, Misha Peens en Sunelle van den Berg, gee raad.

WEES AANPASBAAR

Misha en Sunelle meen dat aanpasbaarheid nou die enigste geheim is.

“Maak seker dat jou fokus steeds bly op hoekom jy trou en nie oor alles wat nou moontlik nie meer kan plaasvind op jou troue nie,” sê Misha.

MOET EK ONS TROUE UITSTEL?

Die realiteit is dat groot troues op die oomblik nog nie ’n realiteit is nie. Totdat dié krisis bedaar, kan ons nie eens voorspel wanneer “normale” troues weer sal kan plaasvind nie. Daarom is dit noodsaaklik jy en jou verloofde besluit wat vir julle die belangrikste aspek van jul troue is.

WAG, SO HOE WEET EK NOU OF EK MY TROUE MOET UITSTEL?

Besluit hoe belangrik die “prentjie” vir jou is – hoe sou jou troue gelyk het as ons nie in die middel van ’n pandemie was nie? Hoe maklik sal jy jou gastelys kan sny? En wat word uitgestip in die kontrakte wat jy reeds met diensverskaffers geteken het rakende depositos en betalings? Sal hulle bereid wees om jou op ’n ander datum te akkommodeer?

“As ’n groot troue belangrik is, stel eerder uit totdat daardie droom ’n realiteit kan word,” beveel Sunelle aan.

Sy glo ook dis beter om veilig te speel wanneer jy dan wel ’n nuwe troudatum kies. “Ek sou eerder kyk na ’n nuwe datum later in 2021 of selfs in 2022, as om die troue met net ’n paar maande uit te stel en dan is die grense weer toe, of sit ons weer in lockdown.”

Ook Misha stem saam dat, indien niks jou jaag nie en jy graag ’n groot troue wil hê, dit beter is om te wag tot volgende jaar.

ONS HET BESLUIT OM ONS TROUDATUM UIT TE SKUIF. WAT NOU?

Ons almal is saam in die huidige situasie. Baie verskaffers begryp die omstandighede en is bereid om jou tegemoet te kom.

Volg dié drie stappe:

Stap 1: Kontak jou verskaffers om te hoor of hulle jou sal kan uithelp met ’n nuwe datum sonder ’n groot finansiële implikasie. Lees deur die kontrakte wat julle reeds geteken het om voorbereid te wees op hul reaksie.

Stap 2: Laat weet jou gaste so gou as moontlik, veral dié wat ver moet reis om jou troue by te woon.

Stap 3: Bevestig met diensverskaffers, sodra julle op ’n nuwe datum besluit het. Indien jul troue steeds in 2020 gaan plaasvind, maak seker dat jy en jou diensverskaffers saam voorsiening tref vir die moontlikheid dat jul datum weer uitgestel gaan word.

ONS GEE NIE OM OOR ’N GELEENTHEID NIE EN WIL GRAAG NET GETROUD WEES. WAT IS ONS OPSIES?

Die belangrikste is dat jy met nuwe oë na jou troue sal kyk. Hou jou troue klein en intiem.

“Ek sou sê, doen die wetlike seremonie met enkele getuies en beplan dan die onthaal van jou drome op jul eerste huweliksherdenking,” sê Sunelle.

Misha beaam dit en voeg ook by: “Indien jy later in die jaar beplan om te trou (rondom Desember) is dit belangrik om al jou reëlings te bevestig en gaste of verskaffers in te lig dat ’n moontlike skuif steeds kan plaasvind,” voeg sy by.

Onthou net om jou diensverskaffers wat jou groot dag bywoon ook in jou “head count” in te reken!

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!