Pandemonium by AR-vergadering
Jacqueline Louw
Luidens ’n persverklaring deur mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisionering-beweging (AR) is dié groep se forum Vrydagaand op Tsumeb deur ’n polisiebevelvoerder van die Oshikotostreek, ene me. Annemarie Nainda, in die wiele gery.
Volgens die AR se verklaring is die vergadering van die aktivisteforum op Tsumeb beplan om die AR se program te bespreek en om verslae te ontvang oor die vordering van die groep se werk oor die hele land.
Die forum het na bewering die Old Theatre vir hul samesprekings vooruitbespreek en betaal.
Volgens die AR beoog sekere politici in die Oshikotostreek om die werk van die forum te ondermyn en dat hulle polisiebevelvoerder Annemarie Nainda van die Oshikotostreek ingeroep het om die forum te ontwrig. Na bewering het die bevelvoerder sommige van die jeugdiges op hul selfone geskakel om hulle te intimideer en later ’n groep polisiebeamptes gestuur om die bestuur van die Old Theatre te intimideer om sodoende die venue te kanselleer.
Die AR se regsverteenwoordiger, mnr. Kadhila Amoomo, het na bewering die topbevel van die polisie ingelig oor Nainda se optrede. Later daardie aand het die AR na bewering ’n e-pos namens die bestuur van die Old Theatre ontvang waarin hulle meegedeel is dat hul bespreking gekanselleer is. Hierdie kansellasie is glo as gevolg van instruksies van die polisie.
In die mediaverklaring word verder aangevoer dat daar vandag regsaksie in die hoërhof van Namibië teen die beweerde optrede van die Namibiese polisiediens, die ministerie van veiligheid en sekuriteit en die bestuur van die Old Theatre ingestel sal word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie