Paneel verwerp klagte teen Duterte
Filippyne
‘n Paneel van kongreslede in die Filippyne het gister bevind klagte om pres. Rodrigo Duterte in ‘n staat van beskuldiging te stel, is ongegrond en behoort nie verder gevoer te word nie.
Dié stap beklemtoon die aweregse leier se wetgewende steun.
Komiteelede het eenparig gestem teen die klagte van Gary Alejano, ‘n lid van ‘n minderheidsblok, en aanbeveel dat dit verwerp word deur die kongres van 292 setels, waar Duterte ‘n “supermeerderheid” geniet.
Alejano het Duterte aangekla vir misdade en die skending van openbare vertroue deur bates te versteek, sy steun vir summiere teregstellings van duisende Filippyne in sy stryd teen dwelms asook sy weiering om hom oor China se uitbreiding in die Suid-Chinese See uit te spreek. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie