Pangamoord: Verdagte na hospitaal verwys
Pangamoord: Verdagte na hospitaal verwys

Pangamoord: Verdagte na hospitaal verwys

Ileni Nandjato
Ileni Nandjato – Die 26-jarige mnr. Sem Nauyoma Petrus, wat van Dinsdag se pangaslagting in die Epatululo-nedersetting beskuldig word, moes gister deur polisie by die landdroshof op Ohangwena ingesleep word.

Petrus, wat glo sy ma (61), broer (30), niggie (1) en verskeie bokke doodgekap het, se liggaam het tydens sy eerste hofverskyning in die beskuldigdebank geruk.

Landdros Ilge Rheent het die saak tot Maandag uitgestel en opdrag gegee Petrus moet hospitaal toe geneem word.

Die aanklaer, mnr. Elphins Maloboka, het die hof meegedeel Petrus sou Woensdag reeds hospitaal toe gaan.

Volgens ’n bron het Petrus aggressief geraak en versoek om hospitaal toe geneem te word.

Toe hy uit sy sel verwyder is, het hy glo aanvanklik probeer ontsnap en toe geweier om hospitaal toe te gaan.

Petrus staan tereg op drie klagte van moord, een van poging tot moord en agt van opsetlike saakbeskadiging.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!