Paniek oor medisyne in SA
Paniek oor medisyne in SA

Paniek oor medisyne in SA

Clicks se handelshoof in die buurland sê hulle gaan mense tot ses items van enige produk per persoon beperk.
Nellie Brand-Jonker – Die ongekende vraag na noodsaaklike produkte soos kindermedisyne het Clicks nou genoodsaak om ’n perk te plaas op hoeveel produkte mense op ’n slag mag koop.

Rachel Wrigglesworth, Clicks se handelshoof, sê hulle gaan mense tot ses items van enige produk per persoon beperk.

“In reaksie op die ongekende vraag en om almal toegang te gee, beperk ons produkte tot ses items per kliënt in die winkel.”

Volgens haar is dit op al die produkte op Clicks se rakke, uitgesluit die apteek, insluitende handreiniger, toiletpapier, vitamines, kindermedisyne en pynstillers.

“Ons het ons bestellings wesenlik verhoog van die produkte wat nou in groot aanvraag is en werk nou met ons verskaffers saam om te verseker dat die voorraad die winkels so vinnig moontlik bereik.”

Die aantal aflewerings na winkels is ook verhoog. Pryse gaan nie verhoog word op die produkte weens die toename in vraag nie.

Die farmaseutiese groep Aspen het die publiek gemaan teen paniekaankope van medisyne en ook gesê hy het genoeg voorraad.

Volgens Stephen Saad, uitvoerende hoof van Aspen, is ’n skerp toename gesien in navrae oor en aankope van medisyne vir pyn, asemhalingsprobleme en verkoue en griep wat oor die toonbank gekoop kan word.

Hy het in ’n verklaring gesê Aspen se voorraadketting kan voorbly met voorraad.

Van die medisyne wat van die rakke af vlieg, sluit in Mybulen, Dicloflam, Flusin, Ibumol en Hyospasmol.

Hy maan teen paniekaankope omdat dit “onnodige stres” veroorsaak.

Die probleem met mense wat paniekbevange groot voorrade medisyne opkoop, is dat ander mense, soos diegene wat MIV/vigs of ’n ander chroniese toestand het, nie medisyne in die hande kan kry nie.

Mense wat dit werklik nodig het, kry dus nie medisyne nie.

“Ons het tans nie voorraadprobleme nie, maar die verkope het die afgelope week toegeneem. Ons wil die publiek aanmoedig om kalm te bly en nie in grootmaat te koop nie.”

Volgens hom word die voorraad voortdurend hersien en word alles in hul vermoë gedoen om vervaardiging so aan te pas dat noodsaaklike produkte beskikbaar sal wees.

Saad sê ook in die verklaring gesprekke word met die regering gevoer om waar moontlik sy fabrieke se produksie aan te pas om dié medisyne te vervaardig wat die publiek nou nodig het.

Wrigglesworth sê hulle beleef ook ’n “ongekende en volgehoue vraag” na medisyne en higiëneprodukte. Dit sluit in handreinigers en antibakteriële klam doekies. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!