Paniekaankope dalk gekeer
Paniekaankope dalk gekeer

Paniekaankope dalk gekeer

Van die maatreëls sal onder meer ’n beperking insluit van die hoeveelheid produkte wat mense mag koop.
Die Verbruikersgoedereraad van Suid-Afrika (VGSA) het gesê winkelgroepe gaan Dinsdag die moontlikheid bespreek om maatstawwe in te stel om paniekaankope te keer.

Patricia Pillay, ’n uitvoerende direkteur van die VGSA, het aan SAfmRadio gesê dit kom ná die paniekaankope en leë winkelrakke wat nou gesien word.

“Ons het dit oor die wêreld sien gebeur en het gehoop dat dit nie in Suid-Afrika gaan gebeur nie. Ons het gehoop dat Suid-Afrikaners meer bedaard is. Maar nou gebeur dit en ons sien die rye in Makro en die leë rakke in sommige winkels.”

Sy het dit as kommerwekkend beskryf.

Deel van ’n gebeurlikheidsplan is nou dat die winkelgroepe vandag maatreëls sal bespreek om seker te maak dat dit nie voortgaan nie.

Sy het gesê Suid-Afrikaanse winkels kan met die voorraad voorbly. “Daarom het ons gehoop dat mense nie paniekerig sou raak nie en die voorraadkettings vertrou. Daar is geen rede om paniekerig te raak nie.”

Volgens haar sal ’n vergadering Dinsdag tussen al die winkelgroepe en verteenwoordigers van die kantoor van die president en die departement van nywerheid gehou word om die maatreëls te bespreek.

Volgens haar sal dit ingestel word om seker te maak dat die paniekaankope gestaak word.

Van die maatreëls sal onder meer ’n beperking insluit van die hoeveelheid produkte wat mense mag koop.“Ongelukkig moet dit gebeur as dit nodig is. Ons het gehoop dat die mense in Suid-Afrika meer kalm gaan bly, want daar is geen rede om paniekerig te raak nie. Daar is genoeg voorraad.”

Op die omroeper se vraag of die sluiting van die hawens nie tot ’n tekort aan voorraad gaan lei nie, het sy geantwoord dat die hawens slegs vir die passasiers en bemanning van passasierskepe gesluit is.

Voorraad sal nie geraak word nie.

Volgens haar het die regering die bedryf Maandag op die Nedlac-vergadering daarvan verseker.

Pillay het gesê as mense agterkom dat buitensporige pryse vir voorraad gevra word, moet hulle dit dadelik by die Mededingingskommissie aanmeld.

Volgens haar het Ebrahim Patel, minister van die departement van nywerheid, reeds gesê dat paniekaankope nie geduld sal word nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!