Pantservoertuie en afstandsbeheerde wapens

Augetto Graig
Die Namibiese weermag (NDF) het agt hoëtegnologie- RG32M-gepantserde voertuie en vier SDROW-afstandsbeheerde outomatiese wapens van Suid-Afrika se wapenvervaardigingsmaatskappy Denel gekoop.

Volgens Denel se hoof uitvoerende beampte, mnr. Johan Steyn, kan die ministerie van verdediging verwag om die toerusting teen einde Maart in ontvangs te neem.

Een RG32M kos sowat N$3,5 miljoen. Volgens Steyn is die jongste weergawe van die RG32M spesifiek vir Namibië ontwikkel. Die voertuig was voorheen doeltreffend in ander woestynlande in Afrika en die Midde-Ooste ontplooi en werk goed in hitte van tot 49 grade Celsius.

Die RG32M is 'n ligte gepantserde voertuig met weerstand teen landmyne wat dwarsoor die wêreld deur vredesmagte gebruik word. Dit word in 'n verskeidenheid rolle gebruik en bied voldoende sitplek aan tot vyf bemanningslede met hul wapens en spesiale doelgemaakte toerusting. Namibië s'n sal blykbaar vir die vloot ontplooi word.

Die vier SDROW outomatiese wapens is selfs meer indrukwekkend. Dit is ontwerp om met 'n 5,56 mm- of 7,62 mm-masjiengeweer te werk om naby-selfverdediging vir gepantserde voertuie te verskaf.

Videobeelde ontvang van videokameras op die wapenstasie, word vertoon met bykomende digitale inligting en alle wapenfunksies word van binne die voertuigkajuit gebruik. Die SDROW se verbruikerspaneel het 'n 1024 x 768 kleur LCD-skerm wat die voorste passasier aan die bestuurder kan gee sodat hy ondersteuning en beskerming kan verskaf wanneer ander bemanningslede uitklim. Dit doen ballistiese berekeninge met behulp van die handleidingsinsette of insette deur 'n laserafstandsmeter, en het 'n vinnige teikenaanwysingfunksie.

'n Suid-Afrikaanse wapenkenner, mnr. Helmut Heitman, is beïndruk met die weermag se keuse van die RG32M-voertuig, wat volgens hom uiters geskik vir patrolliewerk is. Hy reken die voertuig is maklik om te gebruik en die kort afstand na Suid-Afrika tel in die voertuig se guns wanneer dit by onderhoud kom. Hy sê dit word tans ook deur die Finne, die Swede en die Iere gebruik. Dit is die eerste keer sedert onafhanklikheid dat Namibië wapens van Suid-Afrika openlik aankoop.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!