Papgeld en straatkinders
Papgeld en straatkinders

Papgeld en straatkinders

Dani Booysen
Die kantoor van die ouditeur-generaal se verslag oor onderhoud bevestig gebreke met die toepassing van wetgewing wat enkelouers en die kinders wat hulle grootmaak, moet beskerm.

Ander navorsing het al dieselfde probleme aangespreek.

Wanbetalers – die meerderheid waarskynlik mans – moet hieroor hand in eie boesem steek. Maar ‘n doeltreffende regstelsel is nodig om steeks perde tot by die water te dwing.

Voorgenome wetswysigings in die verband is onlangs deur die minister van Justisie, mnr. Sacky Shanghala, aangekondig.

Groter samelewingsvraagstukke, waaronder armoede, geboortebeperking en gesinsbeplanning, moet egter in samehang met die prentjie beskou word. Uiteindelik is dit kinders wat ly. Dit is die kil feite.

Vrydag se fokusartikel het navorsing oor Windhoek se straatkinders in die kalklig geplaas. Die verskynsel kom al jare toenemend op groter dorpe voor en is ‘n vraagstuk wat ook nie met genoeg skietgoed aangespreek word nie.

Gemiddeld het drie uit elke vier straatkinders ouerhuise en meer as die helfte het by ‘n enkelma of grootouer gewoon. Talle werk in opdrag van ouers of voogde op straat.

Baie verkies ‘n lewe van bedel, dwelms en misdaad omdat hulle tuiser daar as elders voel. Wat ‘n aanklag teen ons gemeenskap.

Voordat ons sulke kinders kan red, moet ons ook die ouers en samelewing regruk.

So sê ander

11 Desember 2018

Beeld, Die Burger en Volksblad sê

In ag genome die omvang van die geldelike penarie waarin die Suid-Afrikaanse staatskas gedompel is, gaan die salarisverhogings wat die president, kabinetslede en ander hooggeplaastes nie gaan kry nie, nie ’n groot fiskale bydrae lewer om dinge te verander nie.

Tog is dit ’n prysenswaardige stap wat die regte sein stuur. En uiteindelik is dit nie net die groot besparings wat tel nie, maar ook elke moontlike rand wat bespaar kan word.

Reusagtige en misplaaste “prestasiebonusse” in die private en die openbare sektor kan gerus aandag kry. Veral in die grootste skeppot van almal, die openbare staatsondernemings, soos Eskom.

Groter opofferings gaan van meer Suid-Afrikaners, asook van Ramaphosa en sy mederegeerders, geverg word om ’n ommekeer in ekonomiese groei te bring. Die tyd sal leer of die nuwe kultuur wat hy probeer vestig wel gaan posvat in ’n samelewingselite wat openlik gerig is op selfverryking.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2025-01-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 21° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 35° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 21° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 18° | 34° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 22° | 38° Lubumbashi: 16° | 24° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 18° | 33° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 29° Johannesburg: 22° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 17° | 23° Harare: 15° | 26° #N/A #N/A