Papierlose parlement skop af
Die tweede sessie van die sewende parlement hervat vanmiddag.
Mnr. David Nahogandja, die woordvoerder van die Nasionale Vergadering (NV), sê die huis sal vandag tot 26 November vergader.
Hy sê voorts die NV sal voortaan hoofsaaklik op ’n papierlose grondslag sy bedrywighede behartig. “Dié verwikkeling strook met die parlement se lantermynvisie om ’n e-parlement te word.”
Om te hou by die regering se regulasies om die verdere verspreiding van Covid-19 te probeer hokslaan, sal net 50 LP’s in die huis toegelaat word, terwyl die res van die lede in die galerye gehuisves sal word, sê Nahogandja.
’n Aantal wetsontwerpe sal tydens dié sessie onder die loep geneem word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie