Papierreuse: Een op en een af
Gemengde welslae op die Johannesburgse aandelebeurs, was die verhaal van Suid-Afrika se twee grootste papiervervaardigers.
Die papier- en pulpreus Sappi se aandeelprys was Donderdagmiddag op die JSE 2,3% hoër op R88,85 nadat hy vroeër die dag bekend gemaak het hy het verder afbetaal aan sy skuld.
Dit kom terwyl die ander Suid-Afrikaans-gebaseerde papiergroep, Mondi, se aandeelprys met 2,7% tot R339 geval het ná ’n daling in sy halfjaarwins.
Sappi het in ’n verslag oor sy kwartaal tot einde Junie gesê sy wins is teen US$58 miljoen 81% hoër as ’n jaar gelede, en US$400 miljoen se korporatiewe effekte is terugbetaal uit sy eie kontantbronne. Dit sal sy netto rentebelatings met sowat US$21 miljoen per jaar verminder.
Sappi se netto skuld is ook US$265 miljoen minder as ’n jaar gelede en staan op US$1,318 miljard.
Sy verdienste per aandeel, wat spesiale items uitsluit, is egter onveranderd op 11 Amerikaanse sent.
Sappi maak sy finansiële resultate in dollar bekend want die meeste van sy verdienste word in dollar verdien.
Die kwartaal tot einde Junie is die derde kwartaal van sy boekjaar. Steve Binnie, uitvoerende hoof van Sappi, verduidelik dit is seisoenaal en histories die swakste kwartaal van die boekjaar weens die afname in sakebedrywighede in dié tydperk van April, Mei en Junie in die noordelike halfrond. Dit val in dié gebied se somervakansie.
Daarom kies Sappi gewoonlik dié kwartaal om groot jaarlikse fabrieksluitings vir instandhouding te doen.
Die verdienste per aandeel is onveranderd van ’n jaar gelede weens hoër grondstofpryse en ’n sterker randdollarwisselkoers wat groter verkoopsvolumes teengewerk het.
Binnie het wel gewaarsku hulle verwag die syfers vir Sappi se vierde kwartaal – Julie tot September – sal effens laer wees as ’n jaar gelede, hoewel die voljaarsyfers beter sal wees.
Sappi beplan kapitaalbesteding van sowat US$170 miljoen in sy vierde kwartaal, en verwag om sy netto skuld verder te verminder. ’n Sterker euro teenoor die dollar kan egter die skuldsyfers opjaag, want ’n groot deel van die skuld is in euro.
Oor ’n jaartydperk het Sappi se aandeelprys mooi geloop en ’n opbrengs van 30% gelewer. Maar sedert ’n hoogtepunt van R104 in Mei, het die aandeelprys stoom verloor en in die jaar tot dusver ’n negatiewe opbrengs van 1,2% gegee. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie