Papo, Doman wen op onverwagse dwaalroete

Bergfietsry
Andrew Poolman
Die Gobabis fietsryklub onder leiding van Willie Serfontein het laas Saterdag ’n baie suksesvolle bergfietsresies op Sandune Game Lodge, 8 kilometer buite die oostedorp aangebied.
Met registrasie het elke fietsryer ’n verrassingpakkie ontvang. Daarin was genoeg te ete en drinke om die energievlakke tydens die 80 km, 22 km en 10 km roetes hoog te hou.
Die deelnemers het veral die 80 km roete baie geniet. Die organiseerders het vooraf baie moeite gedoen met die voorbereiding van die kronkelende enkelspoorpaadjies, wat as afwisseling welkom was tussen die rooi sandduin-strate deur wat op sigself sy tol geëis het.
Ongelukkig het kwaaddoeners die nag voor die resies van die aanwysingsbordjies verwyder en van die fietsryers op die 80 km het die afstand ’n bietjie verleng deurdat hulle verkeerd gery het.
Sommige ryers het glo drie maal by dieselfde punte verby gery op soek na die regte koers en veral van die voorlopers het in die proses heelwat tyd, energie en posisies verloor.
Vir die verdwaaldes het die plat omgewing sonder uitstaande kenmerke of uitkykpunte sake ook nie makliker gemaak nie, om van die winderige dag op die vlaktes nie te praat nie.
Uiteindelik het die gedugte Xavier Papo die mansresies beklink, met Michelle Doman as die vrouekampioen.
Op die 80 km roete was drie waterpunte waarvan een deur Pupkewitz MegaTech geborg en beman was. Die helpers het gesorg vir heerlike musiek, drink en eetgoed om die fietsryers krag vir die laaste paar kilometers te gee.
By die eindpunt het elke ryer ’n medalje ontvang wat deur Gobabis Spar geborg is.
Party van die 80 km deelnemers het vir ’n wyle eers plat op hul rug gelê om asem en bene terug te kry voordat hul in staat was om hul medalje te ontvang.
Die dag is afgesluit met ’n prysuitdeling en gelukstrekking.
Die organiseerders bedank Gobabis Spar (hoofborg), Sandune Game Lodge, Hollard, Pupkewitz MegaTech, Gobabis Toyota, Coca-Cola, Mannie’s Bike Mecca, Taeuber & Corssen, HJ Automotive & Forklift Services cc, Hunters, BarOne en Stampriet Market.

ELITE MANS (80 km)
1 Xavier Papo 3:09:58.59
2 Jo-Joe Hamunyela 3:16:34.45
3 André de Klerk 3:20:26.45
4 Fiffy Chiponeni Kashululu 3:22:06.69
5 Ruhan Gous 3:54:09.61

ELITE VROUE (80 km)
1 Michelle Doman 3:54:56.01
2 Estelle van Zyl 3:56:31.62

SUBVETERAAN MANS (80 km)
1 Annanias Annanias 3:18:33.63
2 Cobus Smit 3:18:38.40
3 Danie Joubert 3:28:22.37
4 Wim Steenkamp 3:28:25.84
5 Braam Vermeulen 3:28:26.57

VETERAAN MANS (80 km)
1 Fanie Steenkamp 3:18:32.88
2 Nick du Plessis 3:18:37.45
3 Paulo de Azavedo 3:22:05.47
4 Stefan van Doorn 3:28:28.06
5 Cobus de Waal 3:28:39.88

VETERAAN VROUE (80 km)
1 Anneke Steenkamp 3:38:02.09
2 Johanita de Waal 3:54:58.34
3 Wilmien Chamberlain 3:55:50.11
4 Sophia Snyman 3:56:49.49
5 Sheenagh Brinkmann 4:05:36.65

VETERAAN MANS (80 km)
1 Frank Snyman 3:28:39.27
2 Giancarlo Monteforte 3:38:55.65
3 Jan Matthys Nel 3:40:42.08
4 Mario Vermeulen 3:40:59.96
5 Frank Sauerbach 3:58:39.7

MEESTERS VROUE (80 km)
1 Karin Brockmann 4:27:56.67

MANS OPE (30 km)
1 Jafet Amukushu 0:47:47.80
2 Kevin Lowe 0:49:39.17
3 Abraham Araeb 0:57:05.32
4 MW Bernhardt 1:00:01.18
5 Jordan Barrow 1:08:55.24

VROUE OPE (30 km)
1 Michelle Guannios 0:59:08.81
2 Elzane Opperman 0:59:59.13
3 Cecilie Opperman 1:00:01.83
4 Sanet Strauss 1:01:41.26
5 Monique du Plessis 1:12:32.1

MEESTERS MANS (30 km)
1 Wimpie Silver 0:47:50.05
2 Renier Taljaard 0:56:36.43
3 Henk Schlechter 0:57:02.32
4 Justin Ellis 0:59:07.79
5 Danie Joubert 1:35:15.20

MEESTERS VROUE (30 km)
1 Maryna Dauth 1:17:09.40

SUBVETERAAN MANS (30 km)
1 Eddie Viljoen 0:47:47.58
2 Johan Lepen 0:55:14.84
3 Benjamin Haudula 0:55:49.09
4 Chris van Greunen 0:55:50.23
5 Eben Iita 0:55:54.80

SUBVETERAAN (30 km)
1 Cheryll Pienaar 0:59:57.50
2 Daleen Steyn 1:01:19.91
3 Marlette Steenkamp 1:06:14.11
4 Joey Booysen 1:17:09.37

VETERAAN MANS (30 km)
1 Michael Lowe 0:49:42.13
2 Nicolas Hoeksema 0:51:45.16
3 Rudie Putter 0:53:31.42
4 Louis Putter 0:53:32.12
5 JC van Niekerk 0:59:12.41

VETERAAN VROUE (30 km)
1 Elaine Schlechter 0:57:03.71
2 Florencia Sauerbach 1:02:45.38
3 Ansa Strauss 1:08:13.16
4 Zelda Barrow 1:10:19.00

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!