Papo en Steyn die wenners by Klein-Aus Vista

Bergfietsry
Andrew Poolman
Die sewende jaarlikse Standard Bank Klein-Aus Vista MTB-uitdaging is die afgelope naweek in die omgewing van Aus in die verre suidweste van Namibië. gehou

As 'n driedaagse skofresies is hierdie die enigste van sy soort op die Namibiese fietsrykalender. Deelnemers het die roetes skilderagtige, kronkelende Ausberge terdeë geniet met pragtige uitsigte oor die Namibwoestyn se vlaktes in die gebied waar die wilde perde gesien kan word. Die roetes volg ook gedeeltes van die geskiedkundige Duitse transportroetes wat uit die Eerste Wêreldoorlog dateer.

Sowat 70% vir beide die half- en volle marathon vind op 'n enkelspoorroete plaas, met uitdagende op- en afdraandes wat vir baie opwinding gesorg het.

Veral die steiltes van “The Wall” se 2-km lange bergklim en daling met 200 meter se klimgradiënte tot 32 grade, was vir seker 'n toets vir alle deelnemers se fietsryvaardigheid en uithouvermoë.

Die resies het Saterdagmiddag begin met die tydtoets wat net vir die volle marathon deelnemers van toepassing was. Die 12 km tegniese roete met 380m elevasie klimme het behoorlik die ryers 43 ryers se tegniese en vermoens getoets. Costa Seibeb het in 36 minute 41 sekondes het net 55 sekondes voor Xavier Papo geëindig, met Irene Steyn in 'n tyd van 53. 06 wat 3 minute voor Sophia Snyman.

Op dag 2 in die volle marathonafstand van 60 km was daar 'n titaniese stryd tussen Seibeb en Papo tot op kilometer 42. Teen “The Wall” het Costa weggebreek nadat Papo nie die eerste steil hang kon uitry nie. Costa was die enigste ryer wat The Wall kon uitry sonder om van sy fiets af te klim en het die N$2 500 prys verower nadat hy die Raubex Hotspot bereik het.

Met Seibeb se wentyd van 2 ure 48 minute het hy vier minute voor Papo klaargemaak.

Irene Steyn was veels te sterk vir die ander vroue en het 10 minute voor Germien Stals geëindig.

Seibeb was op dag 3 afwesig vanweë 'n noodlottige motorongeluk op die Lüderitz-pad (berig op bl. 1).

Xavier Papo en Steyn het hul voorsprong behou en het met die loure weggestap van N$10 000 elk.

Die halfmarathon item van 66 km oor die twee dae is deur Barry Jones en Sonja Obholzer ingepalm.

Die wenners vir die Aus ontwikkelingsryers in die halfmarathon is vir die vroue deur Beverly Roman gewen en Haverinus Nakale was eerste van die mans. Hulle het elk N$2 500 van Standard Bank ontvang om hul bergfietse padwaardig te hou. Denis Gerson was eerste in die volle marathon mans en het N$2 500 ontvang van Raubex Construction.

'n Verskeidenheid pryse was deurentyd op die spel in die verskillende kategorieë oor die drie dae met groot lof aan die borge wat mildelik bygedra het. Die titelborg Standard Bank Namibia het alle kontantpryse in die verskillende kategorie vir die algehele wenners geborg, Maerua & The Grove Super Spar met koopbewyse en die Gondwana Collection borg die N$10 000 elk vir die algehele mans- en vrouewenners.

Rust & Vrede, Beyerskloof en Middelvlei Kelders het groot bottels wyne aan die verskillende kategoriewennes van dag 3 oorhandig. Raubex Contstruction, Namibian Breweries en Octupus Tents was ander ondersteuners wat gehelp het om dit 'n suksesvolle naweek te maak.

Quinten Potgieter van Standard Bank Namibia het aangedui dat hulle weer volgende jaar die titelborg sal wees en 'n groter bydrae gaan lewer om ook die aandetes vir al die deelnemers in te sluit.

Die hooforganiseerder Piet Swiegers het aangedui dat die driedaagse resies 'n wenresep is en dat 'n soortgelyke byeenkoms einde-April of begin-Mei 2018 aangebied sal word.

Die uitslae:



VOLLE MARATHON

Elite mans 132 km:

1 Xavier Papo 6:34:03; 2 Brandon Plaatjes 6:44:49; 3 Danzel de Koe 7:19:54; 4 Christo Swartz 7:42:59; 5 Schalk van der Merwe 7:45:56.

Elite vroue 132 km:

1 Irene Steyn 8:09:54; 2 Germien Stals 8:41:37; 3 Sophia Snyman 9:30:47; 4 Andrea Stier 13:07:36.

Subveteraan mans 132 km:

1 André Steinfurth 8:02:38; 2 Denis Gerson 8:36:15; 3 Heiko Stranghoner 8:47:13.

Veteraan mans 132 km: 1 Philip Steyn 7:50:24; 2 Greg Chase 7:56:03; 3 Morne Nel 8:12:37.

Meesters mans 132 km: 1 Frank Snyman 8:06:55; 2 Steve Prinsloo 8:52:48; 3 Kai Tegethof 9:25:27.

Rhino mans 132 km:

1 Fana Lambert 8:52:23; 2 Volker Engling 8:56:00; 3 Ronald Geiger 9:34:41.



HALFMARATHON

Junior mans 66 km: 1 Vahid Diehl 4:43:09; 2 Christof Serrer 4:50:21; 3 Rico Steinfurt 5:09:38.

Elite vroue 66 km: 1 Robyn-Lee Swartz 4:43:02; 2 Cindy Rowland 5:02:09; 3 Beverly Rhoman 6:26:20.

Subveteraan vroue 66 km: 1 Marike Stranghoner 4:37:58; 2 Christine Steinfurth 5:25:10; 3 Bianca Janse van Vuuren 5:32:17.

Sub vet mans 66 km: 1 Haverinus Nakale 4:25:19; 2 Kai Hennes 4:31:59; 3 Hermanus Boois 4:40:56.

Veteraan vroue 66 km: 1 Dawn Adams 5:12:25; 2 Lindsy van den Bosch 7:06:53.

Veteraan mans 66 km: 1 Barry Jones 4:08:06; 2 Stephan Chase 4:09:52; 3 Christo Horn 4:11:45.

Meesters vroue 66 km: 1 Karin Brockman 5:23:55; 2 Dietland Bassin 5:45:46.

Master mans 66 km: 1 Johannes Haruseb 5:28:40; 2 Frank Sauerbach 5:31:38; 3 Andre Coetzee 5:50:20.

Rhino vroue 66 km: 1 Sonja Obholzer 4:35:28; 2 Claudia Suren 6:08:42; 3 Claudia Engling 6:08:49.

Rhino mans 66 km: 1 Stefan Snyman 4:25:14; 2 Jose Figueira 4:43:00; 3 Andries Jansen van Vuuren 5:12:21.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!