Papo gee uitdagers 'n tweede skok

Fietsry
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Met 'n gebalde vuis in die lug het Xavier Papo gister vooraan 'n bondel oor die eindstreep gejaag vir sy tweede opeenvolgende oorwinning in die 2022 Nedbank Windhoek Pedal Power-reeks.

Dié uitslag op die Dordabis-pad was vir sy opposisie waarskynlik ewe onverwags as die vorige Sondag se triomf by Döbra.
Gister het Drikus Coetzee en Alex Miller tot 'n ent voor die einde nog 'n voorsprong van bykans 'n minuut voor die res gehad, maar die jaaggroep het die twee met die eindstreep in sig ingehaal en met dié momentum het Papo verbygeskiet vir 'n uiters waardevolle sege.

Tweede was die Nederlandse Paralimpiese ryer Daniel Abraham en derde Gerhard Mans Junior, gevolg deur Miller, Coetzee, Ingram Cuff, Hugo Hahn, Danzel de Koe, Daniel Hahn, Kevin Lowe, Jean-Paul Burger en Konny Looser, almal in beswaarlik een sekonde agter die wenner.

Die 31-jarige Papo (Team RMB Elite) het dus nou reeds die eerste twee byeenkomste gewen wat deur die Namibiese Fietsryfederasie as geleenthede vir keuring vir die Statebondspele in Julie in Birmingham verklaar is.

In die vroueresies was Vera Looser te sterk vir Courtney Liebenberg (tweede) en Melissa Hinz, hoewel Looser as die Namibiese kampioen eers die vorige dag uit Europa in die land aangekom het.

Foto's Tielman van Lill en Marco Ndlovu (Nampa)

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!