Papo verrys soos ’n feniks
Padfietsry
Nadat Xavier Papo Sondag teen alle verwagtinge in die Nedbank Windhoek Pedal Power-reeks se eerste padfietsresies by Döbra gewen het, het dié talentvolle jaer verduidelik wat sy planne vir die komende jaar is.
Die 31-jarige Papo het die 2022 Statebondspele in Birmingham, Engeland, stewig in sy visier. En dis presies waarvoor die voormalige nasionale ryer jaag. Papo sê hy het fiks gebly en gereeld die afgelope twaalf maande geoefen.
“Om die eerste padfietsresies van die jaar te kon wen, beteken baie vir my. Ek hoop om my peil te behou sodat ek meer kompetisies kan wen sodat ek vir die Namibiese span na die Statebondspele gekies kan word.”
Papo het in 2019 algeheel derde met die nasionale padfietskampioenskap, asook derde in die nasionale individuele tydtoets geëindig. Met die volle padfietsprogram klaarblyklik terug vir 2022, sê Papo hy gaan hard werk om die nasionale kampioenskap op die eerste naweek van Februarie ook in te palm.
Hy het Sondag die wenstreep in 2 ure 22 minute 49 sekondes oorgesteek om Alex Miller (tweede) en Drikus Coetzee (derde) te klop, nadat hy alleen aan die voorpunt weggebreek en die jaaggroep gans te laat begin reageer het.
Papo is ook ’n gesoute bergfietsryer.
• Republikein verneem dat die gedugte veteraan Dan Craven ook intussen stil-stil in die land aangekom het en na verwagting in komende byeenkomste soos Pedal Power se byeenkoms 2 by Dordabis, die Nedbank nasionale kampioenskap (6 Februarie), die Nedbank Cycle Classic (13 Februarie) en die Tour de Windhoek (17-20 Februarie) sy kleim wil afsteek om die span vir die Statebondspele te haal.
– Nampa
FOTO
Xavier Papo begin ontspan ná sy puik resies om laas Sondag die eerste byeenkoms in die Nedbank Windhoek Pedal Power-reeks te wen. Foto Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie