Papo, Vorster maak pap dik aan by Oanob
Die 2019 Gravel & Dirt-reeks is 'n uitdaging wat iets vir elke deelnemer bied.
Altesame 210 bergfietsentoesiaste was die afgelope Saterdag by die Oanobdam byeen om aan die Hollard X-Ride-marathon deel te neem wat splinternuwe roetes vir die ryers oor 71 kilometer, 41 km en korter roetes vir die minder ernstige of jonger deelnemers gebied het.
Soos in die verlede was die X-Ride geensins 'n maklike uitdaging nie. Vanjaar het hitte en rotsagtige klimme 'n nuwe uitdaging aan Namibië se beste ryers gebied, wat skouer-aan-skouer met die res van die deelnemers teen die elemente geveg het.
Om die X-Ride baas te raak, verg meer as net fisieke inspanning om die eindstreep te haal.
Vanjaar het die roete by die Oanoboord begin en geëindig. Die roete was redelik moeilik, maar kon tog baasgeraak word. Die tegniese gedeeltes was van so 'n aard dat die deursnit fietsryer dit kon geniet, maar 'n uitdaging was dit beslis soos wat van 'n bergfietsmarathon verwag kan word.
Gedugte ryers soos Drikus Coetzee, Xavier Papo, Danzel de Koe asook Michelle Vorster en Irene Steyn was gereed om hul vernuf en uithouvermoë ten toon te stel. Nadat die jaers by die Oanob-oord weggespring het, het hulle die pad na Rehoboth geneem van waar hulle na die Klein Aub-pad koers gekies het.
Die pas wat die voorste bondel ryers gehandhaaf het, was verstommend, maar met topryers soos Coetzee en sy mederyers was dit te wagte dat die manne mekaar sou opkeil. Die dagtemperatuur het gou tot 35 grade Celsius gestyg, maar Papo in sy Hollard-kleure het hom nie hierdeur van stryk laat bring nie.
Papo was in 'n stadium agter die voorlopers, maar het op die regte oomblik sy pad oopgeveg om bykans 'n minuut voor die agtervolgende groep in 2 ure 54 minute 57 sekondes eerste oor die wenstreep te ry.
De Koe skud die res van sy mededingers af en neem die tweede plek met 2:56:18 in, terwyl Dieter Koen op sy agterwiel derde in 2:56:19 was. Vierde was die eerste subveteraan, Ingram Cuff (2:58:59), wat voor André de Klerk (3:01:42) en Drikus Coetzee (3:05:48) klaargemaak het.
Vorster het opnuut die kompetisie vir vroue in 3:05:50 op haar eie oorheers, met die veteraan Steyn wat heelwat later in 3:33:13 by die eindpunt stop.
Die organiseerders bedank Hollard, Windhoek Light Beer, Food Lovers Market, Kia Motors, Emed24, Candor Namibia, Cymot en Varta Batteries wat die dag moontlik gemaak het. Met die borge se bydraes word geleenthede geskep waar fietsry in Namibië met die perfekte resep ontwikkel word sodat die sport kan groei.
Die voorste uitslae van die 71 km-marathon:
Elite mans: 1 Xavier Papo 2:54:57, 2 Danzel de Koe 2:56:18, 3 Dieter Koen 2:56:19.
Elite vroue: 1 Michelle Vorster 3:05:50, 2 Marion Schonecke 3:53:43.
Subveteraan mans: 1 Ingram Cuff 2:58:59, 2 Frederick van Greunen 3:14:55, 3 Heinrich Köhne 3:16:28.
Subveteraan vroue: 1 Benita Kasch 3:45:56, 2 Silke Bean 3:51:31, 3 Marguerita Maritz 4:19:19.
Veteraan mans: 1 Clinton Hilfiker 2:59:01, 2 Fanie Steenkamp 3:06:21, 3 Cobus Smit 3:11:36.
Veteraan vroue: 1 Irene Steyn 3:33:13, 2 Johanita de Waal 3:42:52, 3 Wilmien Chamberlain 3:42:56.
Meesters mans: 1 Hentie Hough 3:24:38, 2 Eckhard Waldschmidt 3:28:17, 3 Johan Liebenberg 3:38:54.
Meesters vroue: 1 Barbara Ackermann 3:49:09, 2 Karin Brockmann 4:36:36, 3 Heather Craemer 4:54:40.
Rhino-mans (90 kg plus): 1 Fana Lambert 3:24:18, 2 Titus Koen 3:39:35, 3 Henco van Zyl 3:47:18.
41 km Ope mans: 1 Hugo Hahn 1:40:21, 2 Melki Hamukoto 1:49:49, 3 Christopher du Plessis 1:54:02.
41 km ope vroue: 1 Sonja Obholzer 2:08:42, 2 Ulande Viljoen 2:09:12, 3 Monika Szczepan 2:11:42.
Juniors mans: 1 Justin Vosloo 1:39:24, 2 Bergran Jensen 1:42:50, 3 Kevin Lowe 1:43:27.
Junior vroue: 1 Monique du Plessis 2:06:00, 2 Laura Engling 2:44:31.
23 km, o.14 seuns: 1 Dylan Hilfiker 1:03:37, 2 Louwrens van Wyk 1:07:57, 3 Christiaan Steenkamp 1:17:05.
O.14 meisies: 1 Catherine Brandt 1:21:06, 2 Katelyn Key 1:22:34, 3 Syrah Chamberlain 1:38:43.
O.12 seuns: 1 Roger Suren 1:02:50, 2 Marco Thiel 1:02:51, 3 Sean Lowe 1:03:00.
O.12 meisies: 1 Delsia Janse van Vuuren 1:17:10, 2 Rosemarie Thiel 1:27:46.
12 km, o.10 seuns: 1 Henry Chamberlain 0:39:51, 2 Cuan Ahrens 0:44:15, 3 Theodor Janse van Vuuren 0:44:23. O.10 meisies: 1 Nicole Suren 0:44:59, 2 Lillian Marschall 0:46:20, 3 Kyra Marschall 0:54:09.
Vir meer inligting oor die Hollard Gravel & Dirt-reeks en ander fietsrybyeenkomste kan www.raceday.events besoek word. Die volgende kompetisie sal die tweede in die Gravel & Dirt-reeks wees, naamlik die West Coast MTB-uitdaging by Swakopmund op Saterdag 20 April.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie