Paraatheid vs. paranoia
Paraatheid vs. paranoia

Paraatheid vs. paranoia

Dani Booysen
Vrydag is die hoogste, daaglikse getal nuwe Covid-19-gevalle vir Windhoek aangekondig sedert 23 Augustus.

Die afgelope twee weke is daar in baie dele van Namibië 'n duidelike toename in verspreiding.

Een algoritme wat wiskundiges oor die aanvang van sogenaamde tweede golwe in die oordrag van die siekte ontwikkel het, sê die eerste golf duur van week 10 tot 20, gevolg deur 'n afplatting en afname en 'n hernude toename van week 25 tot 32. Gemeet aan die begin van gemeenskapsverspreiding op Walvisbaai is Namibië nou in week 27.

Feitelike, objektiewe beriggewing oor data is deel van die media se werk en is nie 'n werktuig om paniek te saai nie. Verskillende perspektiewe en paradigmas bestaan, soos oor elke onderwerp onder die son, maar onverantwoordelike traak-my-nie-agtigheid sal niemand baat nie.

Boonop kan ons nie 'n herhaling van vanjaar se ekonomiese pandemonium bekostig nie.

Teenoor paniek, paranoia en pedantiesheid staan 'n veel eenvoudiger begrip – paraatheid. Paraat beteken voorbereid en veilig.

As ons in dié nuwe realiteit nie selfs nog meer begrip en respek vir mekaar kan hê nie, sal alle somme, filosofie en ander fieterjasies min salf aan die mensdom se toekoms smeer.

Ja. Kom ons wees die feesseisoen meer bewus as ooit van onder andere padveiligheid, misdaad en die regte en veiligheid van ons vroue en kinders.

Maar ook pandemie-“vaardig”. En verantwoordelik in elke ander opsig.



So sê ander

11 Desember 2020



Laat die syfers die waarheid vertel



Vanjaar, met sy konstante bombardement van Covid-19-syfers oor infeksies en die impak van die inperking, het die meeste Suid-Afrikaners dalk meer wiskunde gedoen as ooit op skool.

Mense wat samesweringsteorieë oor die pandemie ondersteun, herhaal die uitdrukking lies, damned lies and statistics gereeld. Die ironie is dat daar wel 'n element van waarheid in steek.

Die Covid-19-krisis het die tekortkominge van die BBP-berekeningsmetode in ekonomiese krisisse blootgelê. Pas is bekend gemaak dat die BBP-groei vir die derde kwartaal 66,1% was nadat dit in die tweede kwartaal -51,7% was. Die realistiese syfer is die -6%-groei in die derde kwartaal vergeleke met die derde kwartaal van 2019.

Dit is ook 'n goeie tyd om die sogenaamde oplossings vir ekonomiese groei en werkskepping te herbesoek. Landbou verteenwoordig slegs 3% van die BBP, wat dit saam met konstruksie (ook 3%) die kleinste bedrywe maak.

Waarom nie groter klem plaas op handel, vervaardiging of selfs die mynbou – sektore wat 'n veel groter bydrae tot die BBP lewer en waar groei vinniger in werkskepping omgeskakel kan word – nie? Of is dit omdat landbou so polities gelaai is (dink onteiening sonder vergoeding), terwyl ander sektore nie sulke lekker slagspreuke kan oplewer nie?

Die ekonomie sal voordeel trek as die staat sy rol verklein – en politici 'n slag stilbly.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!