Paratus – altyd voorbereid
Sedert die onderneming se ontstaan, het Paratus Telecom sy netwerk oor die hele Namibië uitgebrei.
Paratus Telecom handhaaf ook ‘n teenwoordigheid in Johannesburg, Suid-Afrika, Lissabon in Portugal en Londen in die Verenigde Koninkryk.
Hierdie netwerk laat Paratus Telecom toe om te alle tye uitstaande diens aan ‘n wye verskeidenheid kliënte te lewer.
Paratus Telecom word 100% deur Namibiërs besit en het op 20 Maart 2012 ‘n uitgebreide lisensie (ECS en ECNS) ontvang om telekommunikasiedienste te lewer. Dit het gevolg nadat Paratus sy 4G-netwerk verder uitgebrei het, asook sy nasionale en internasionale netwerk waarmee telekommunikasiedienste aan die Namibiese publiek, die private en sakesektor gelewer word.
Paratus Telecom se vinnigste internettegnologie is 4G LTE. Dit laat individue, huishoudings en besighede toe om die Internet baie vinniger te gebruik. Om data op te laai en af te laai is ook baie vinniger en jou verbinding bly van hoë kwaliteit. Verskillende pakkette word aangebied om in individuele behoeftes te voorsien.
Onlangs het Paratus verbeterde wolktegnologie (“cloud services”) bekend as DRaaS bekend gestel. Die stelsel beteken jou diener word gekopieër deur Paratus se datasentrum sodat geen inligting tydens ‘n noodgeval of krisis verlore raak nie.
Paratus Telecom is altyd voorbereid.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie