Paratus help jeug hul pad vind
Paratus help jeug hul pad vind

Paratus help jeug hul pad vind

Hashtag Festival
Andrew Poolman
Die meeste lesers sal teen dié tyd bewus wees van die eerste Hashtag Festival wat op die naweek van 7-9 September voorlê.

Leerlinge van 35 skole landwyd is in nege geborgde franchise-spanne verdeel om ook aan sportaktiwiteite deel te neem gedurende die byeenkoms by die SKW-sportveld wat hoofsaaklik as ’n loopbaanuitstalling aangebied word.

Paratus Telecom is een van die borge wat met die Coastal Dolphins franchise gekombineer word. Die Sekondêre Skool De Duine is vir die koördinerende rol aangewys met Namib High School, Swakopmund Sekondêre Skool en Westside High as hul spanmaats.

Terwyl die 35 skole se jeugdiges op die drumpel van die volwasse lewe die kerngroep van die Hashtag-fees vorm, is hulle geensins die enigste deelnemers nie.

Busvervoer sal kosteloos vir leerlinge van talle verafgeleë skole beskikbaar wees, terwyl Namibia Media Holdings regstreekse aanlyn dekking op https://zone.my.na/ sal bied en agterna ook in NMH se gedrukte publikasies aandag kry.

As ’n spesialis in telekommunikasie, is netwerkvorming ’n sentrale deel van Paratus Telecom se besigheid wat aansluit by die idee om die jeug te ondersteun om ingeligte besluite oor hul toetrede tot die wêreld van opleiding en loopbane te neem.

Juis deur kommunikasie en netwerkvorming, by wyse van voorleggings oor loopbaan- en studie-opsies asook inligtingstalletjies, sal die skoolverlaters deel van die groter Namibiese toneel word. Die Hashtag-fees bevorder ’n sin vir spanwerk en samesyn tussen jong Namibiërs – veral diegene wie se paaie nie normaalweg sou kruis nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!