Parespel se uitdunne vorder fluks
Gholf
Tielman van Lill - Met net 'n rapsie meer as drie maande oor voor die 2019 Windhoek Lager Internasionale Parespel Suidelike Afrika-kampioenskap (WLIPSA) in Namibië gaan afslaan, is spelers vir oulaas besig om vir 'n plek by die elite toernooi te veg.
Windhoek Lager wat sedert 2016 die kompetisie borg, gaan vanjaar vir die vierde keer die amateurreeks steun wat in Suid-Afrika, Botswana, Namibië, Zambië, Tanzanië en Zimbabwe aangebied word.
Elke land bied sy kwalifiserende kompetisies aan, waarna 'n finaal in elke land gespeel word om sy bestes vir die reis na Namibië te vind. In Suid-Afrika is dié kompetisie massief met by die 400 kwalifiserende toernooie oral in die land. Die Suid-Afrikaners speel hul eie finaal wat ook by die Omeya-gholfbaan gehou word.
Verlede jaar moes Namibië se Bertus Damon en Joseph Martin dit by die Omeya-gholfbaan oor twee dae teen die Suid-Afrikaners vir 'n plek by die finaal in Portugal van die Internasionale Parespelkampioenskap uitspook. Die twee ysters het nie net 'n plek teen hul suidelike bure volgestaan nie, maar later in Portugal die 2018 wêreldtitel as die beste paar opgeraap.
Met etlike duisende spelers tot sy beskikking, het Suid-Afrika straks 'n onbillike voordeel teen Namibië gehad. Vanjaar sal Namibië se finaliste net teen die bestes van Botswana, Zambië, Tanzanië en Zimbabwe die wit balletjie by Omeya vir een beskikbare plek jaag om later vanjaar in November na Portugal vir die wêreldkampioenskap te reis.
Ongelukkig kan Damon en Martin nie weer vanjaar vir die kompetisie inskryf wat deur vier kwalifiserende Windhoek Lager-kompetisies voorafgegaan word nie. Die afgelope naweek het die Windhoek Buiteklub (WGCC) sy derde kwalifiserende toernooi aangebied en die laaste kans vir pare is op 8 Junie om na die finaal op 16 en 17 Augustus by Omeya te mik.
Tot dusver het die volgende lede van die WGCC tot die nasionale finaal deurgedring, sonder om ander klubs by te reken: Jonas Katti en Toady Gurirab, Melt van Schoor en Ian Wood asook Paul Grobler en Gerhard van Rooyen wat op 16 Februarie hul regmerkies gekry het. Op 13 April het Marten Kapewasha en Johannes Goagoseb saam met Steven Pell en Robert Offner gekwalifiseer.
Die afgelope naweek het 19 pare ingeskryf. Hoewel Paul Grobler en Heinrich Schmidt die kompetisie met 44 punte gewen het, kan Schmidt nie kwalifiseer nie. Volgens die reëls van die WLIPSA mag Grobler nie weer saam met 'n ander speler kwalifiseer nie en net Mike Beavis en Keith Gardiner is deur na die finaal.
Die toptien pare laas naweek:
1 Paul Grobler / Heinrich Schmidt (44 punte)
2 Mike Beavis / Keith Gardiner (44)
3 Burger Bergh / Stefanus van der Merwe (44)
4 Ian Wood / Melt van Schoor (43)
5 George Vink / Marc Schaefer (43)
6 George Gariseb / Hans Haraseb (43)
7 Rumiko Ishigami / Hansina Hinda (43)
8 Paul Adkins / Danie van Schoor (42)
9 Gavin van Wyk / Claud Abrahams (41)
10 Marco Vollgraaff / Willie Triegaardt (41).
Die wenners vir naaste-aan-die-pen pryse was Keith Gardiner (putjie 3), Sakkie Matheus(9), Gavin van Wyk (13) en Marc Schaefer (17).
Die finaal van die Windhoek Lager Internasionale Parespel Suidelike Afrika word oor 36 putjies volgens die beterbal stableford-reëls beslis.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie