Parespel-wêreldfinaal se besoekers bepaal
Gholf
Die Windhoek Buiteklub-gholfklub (WGCC) is trots om komende naweek altesame 94 spelers van oor die hele land heen te verwelkom vir die nasionale eindtoernooi van die 2021 Windhoek Lager Internasionale Parespel.
Elke gholfklub in Namibië, Suid-Afrika, Kenia, Zambië, Botswana en verskeie ander deelnemende lande bepaal elke jaar hul wenpaar wat aan die nasionale eindtoernooi deelneem, waarna die wêreldfinaal volg.
Twee Namibiese pare (mans/gemeng en vroue) sal komende naweek kwalifiseer vir die 2021 wêreldfinaal wat verlede jaar weens Covid-19 uitgestel moes word. Dié wêreldfinaal is in Spanje geskeduleer en behoort soos gewoonlik teen einde Oktober plaas te vind.
• Die Windhoek Buiteklub het laas Saterdag sy eerste kwalifiserende toernooi vir die 2022 Windhoek Lager Internasionale Parespel aangebied.
Vier spanne het tot die nasionale eindtoernooi later vanjaar deurgedring – maar nie die wenspan van die naweek, Sakeus Matheus en Hafeni Nghinamwaami, nie omdat laasgenoemde ’n beroepspeler is. Die spanne in posisies 2 tot 5 het gevolglik gekwalifiseer – uit die altesame 40 pare wat laas naweek meegeding het.
Die sewende en 15de putjies is gebruik vir die uittel om spanne se plasings te bepaal wat met ewe veel punte geëindig het.
Die voorste uitslae was soos volg:
1 Sakeus Matheus en Hafeni Nghinamwaami (46 punte)
2 Christian Li en Justus Amuntenya (44)
3 Marco Vollgraaff en Jayson Zulch (42)
4 Inklous Suze en Johannes Goagoseb (41, uittel)
5 Johann Archer en Anton Smit (41, uittel)
6 Laban Malule en Elias Mulombwelwa (41, uittel)
7 Gunnar Visser en Peter Johns (40, uittel)
8 Jane O’Sullivan en Bertus Damon (40, uittel)
9 Stefanus Reitz en Milton Eiseb (39, uittel)
10 Zillan du Pisani en Cor Beuke (39, uittel)
Die pryse vir die houe naaste aan die pen is ingepalm deur Natasja Louw (putjie 3), Sakeus Matheus (putjie 9), Johannes Goagoseb (putjie 13) en Nolan Swarts (putjie 17). Nog drie gelukspryse is deur Fanie Oosthuizen geborg.
Die WGCC bedank Windhoek Lager vir sy volgehoue steun om die gewilde reeks moontlik te maak.
FOTO verskaf
Die wenspan Hafeni Nghinamwaami en Sakkie Matheus saam met die gholfklub se voorsitter, mnr. Gerhard van Rooyen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie