Parespelreeks se eerstes dring deur
Gholf
Die Omeya-gholfklub het Saterdag die eerste rondte van die Windhoek Lager Internasionale Parespelkompetisie aangebied. Die formaat was beterbal stableford, met spelers wat meegeding het vir 'n plek in die streekfinaal in Julie.
Die topvier kombinasies was: 1 Chris Claassen en Zunaid Pochee. 2 Johan Husselmann en George Lumley. 3 Dieter Schrywer en Moss Garde. 4 Willie Prinsloo en Douglas Schoombee.
Die pryse vir die houe naaste aan die pen is toegeken aan Zunaid Pochee (putjie 4), Jane Hugo Liebenberg (putjie 7), Tiaan Louw (putjie 14) en Schalk Pienaar (putjie 17).
• Vrydag het Omeya-gholfklub die BuildWise Syfer 3 uitdaging aangebied. Die organiseerders bedank namens die spelers vir Louis van den Berg en sy span by BuildWise vir 'n heerlike dag op die baan.
Duan Jansen was eerste in die manskompetisie, met George Lumley tweede, Jan Steenkamp derde, Jaco van Reenen vierde en Sean van Dyk vyfde.
Zandra Kruger het die vroue-afdeling gewen het.
Die vierbal-alliansie is gewen deur die span van Hennie du Plessis, Jean Louis van den Berg, Shaun Patrick Smith en Jacques Bruwer.
BUITEKLUB
Die Windhoek Buiteklub het laas Saterdag sy jaarlikse Welcome Back Bash gholfdag aangebied. Die afgespreekte borg het op kort kennisgewing onttrek, maar die WASPS en STAG het ingespring en tot die redding gekom.
Te midde van ander sportaktiwiteite in die hoofstad was die stewige getal spelers (64) verblydend.
Die beste sewe spanne het pryse ontvang.
Die beterbal se voorste uitslae was:
1 Bertus Damon en Joseph Martin (49)
2 Edwin Kutara en Toady Gurirab (48)
3 Paul Adkins en Jan van Wyk (47)
4 Hans Haraseb en Ben Naobeb (46)
5 Heinco Schmidt en Paul Grobler (45 uittel)
6 Michael Hoeseb en Johannes Goagoseb (45)
7 Stephen Pell en Peter Davidson (45)
Houe naaste aan die pen is ook beloon met pryse toegeken aan Jan van Wyk (putjie 3), Paul Adkins (putjie 9), Marius Steytler (putjie 13) en Joseph Martin (putjie 17). Daar was ook drie gelukspryse geborg deur Beuke & Associates.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie