Parker, Steyn voer Namibië se solo-aanval aan
Bergfietsry
Tielman van Lill
Die Namibiërs Anri Parker en Irene Steyn sal môre as soloryers onderskeidelik vir die vierde en vyfde keer die Nedbank Desert Dash-ultrabergfietsmarathon vanaf Windhoek na Swakopmund aandurf.
Parker het in 2016 (derde in 21 uur 31 minute 27 sekondes), 2017 (derde in 20:18:13) en 2020 (vierde in 19:39:58) haar merk gemaak. Haar eerste ondervinding was saam met haar eggenoot in 2015 as ’n tweemanspan.
Steyn wat voor haar eerste solopoging in 2017 die Dash in spanne gery het, moes ongelukkig met haar eerste solo-Dash by die halfpadmerk halt roep. Maar in 2018 was sy tweede in 18:19:44 en verlede jaar eerste met ’n vinnige 17:52:35.
Rebecca Robisch van Duitsland wat die Dash oor 373 kilometer in 2016 (17:48:10), 2017 (16:00:14) en 2018 (17:17:07) gewen het, het die laaste drie jaar nie vir die moordende uitdaging ingeskryf nie.
Vera Looser (néé Adrian) het die Dash in 2019 met 17:10:50 oorheers. Sy sal weens werkverpligtinge nie môre by die wegspring staan nie.
Catherine Pellow-Jarman van die Wes-Kaap, Suid-Afrika, wat verlede Desember met 21:27:08 die vierde posisie ingeneem het, is terug vir haar tweede aanslag. Sy kan aansienlik beter vaar.
Sy, Krugel en Steyn sal die sterkste moontlike mededinging vir Yolande de Villiers van Suid-Afrika wees. De Villiers van Oudtshoorn in die Wes-Kaap, is ’n ervare bergfietsryer met ’n horde kompetisies vir 2021 agter die rug.
Sy het Meimaand in die Paarl die Suid-Afrikaanse XC-marathonkampioenskap oor 85 km in 4:27:46 in die elite-afdeling gewen. De Villiers het vanjaar ook met die volgende kompetisies oorheers: 36one MTB Challenge (361 km), Cullinan2Tonteldoos Ultra (255 km), Trans Baviaans Race (230 km), Trans Baviaans Repeat (230 km), Swartberg Extreme (142 km met 4 500 meter se vertikale klim), Attakwas (121 km).
De Villiers het aan Republikein gesê: “Dit is my eerste solo-Dash, maar ek het al die Namib Quest gery en die Dash in ’n viermanspan met die 2019-byeenkoms voltooi.
“Ek het op die nippertjie besluit om in te skryf en die 393 km gaan ’n nuwe ervaring vir my wees. Maar ek is lekker fiks en tevrede met my peil. Ons het ’n hele paar nagritte gedoen om aan dit gewoond te raak.
“So’n lang kompetisie is maar altyd moeilik. Jy moet op die dag goed voel en jou fiets moet heel bly en jou kop moet sterk wees. Al die ryers moet dieselfde pad ry en natuurlik hang dit baie van die toestande af. Dus is enigiets moontlik.
“Ek hoop om onder 18 uur klaar te maak, maar dis moeilik om te voorspel. Boonop is dit 20 km verder as in die verlede. Ek sien uit na die Dash en hopelik verloop alles vlot.”
Parker het gesê: “Ja, ek ry weer die Dash en dit sal my vierde probeerslag in die solo-afdeling wees. Ek hoop om onder 20 uur te eindig. Die nuwe roete sal ietwat langer en meer uitdagend, maar bitter mooi wees.
“As ek reg verstaan, is dit ook die grootste soloveld ooit vir mans en vroue in die Dash. Dus gaan die kompetisie baie sterk wees.”
Steyn het gesê: Al is dit my vyfde keer, bly dit ’n senutergende vooruitsig. Ek het geleer om eerder op myself te konsentreer om energie te spaar. As ek oor al die ander mededingers moet begin dink, sal dit nie werk nie.
“Ek het wel verlede jaar gewen, maar Pellow-Jarman wat verlede Desember vierde geëindig het, kan vanjaar sterker kompetisie bied. Sy is sterk en jonk en ek dink sy sal môre met meer ondervinding die Dash pak.
“Enige vrou kan die Dash wen. Die veld is oop vir almal, want dit hang van baie faktore af. Ek het geen verwagting om weer te wen nie. Daar is goeie ryers en ek hoor De Villiers is môre hier vir haar eerste solo-rit.”
Uitslae sedert Nedbank as hoofborg toegetree het.
2015: 1 René Schoeman (19:11:49) 2 Hester Prins (19:41:27), 3 Simone Mayer (20:11:35). 2016: 1 R. Robisch (17:48:10), 2 Adele de la Rey (18:47:28), 3 A. Parker (21:31:27). 2017: 1 R. Robisch (16:00:14), 2 Wilmien Chamberlain (18:26:44), 3 A. Parker (20:18:13). 2018: 1 R. Robisch (17:17:07), 2 I. Steyn (18:19:44), 3 Siska van der Bijl (19:00:18). 2019: 1 Vera Looser (17:10:50), 2 Risa Dreyer (18:14:48), 3 I. Steyn (18:46:11). 2020: 1 I. Steyn (17:52:35), 2 Genevieve Weber (18:15:49), 3 Wilmien Chamberlain (19:12:49). – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie