Parkfooie styg in 2021
Parkfooie styg in 2021

Parkfooie styg in 2021

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Parkfooie vir nasionale en wildparke sal in Januarie 2021 styg.

Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, is parkfooie laas in 2005 aangepas of verhoog.

“Namibië se parkfooie is tans die laagste in die ­Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC). Die kombinasie van 'n toegangsfooi vir parke en 'n bewaringsfooi sal ingestel word wat markverwant sal wees,” het Muyunda gesê.

Hy sê die ministerie sal egter eers met alle rolspelers in gesprek tree voor die parkfooistruktuur vas­gestel sal word.

Die woordvoerder sê daar is 'n tekort aan hulpbronne om wild te bewaar en die infrastruktuur in ­nasionale parke te onderhou.

“Die bewaringsfooi sal vir die Wildprodukte-trustfonds aangewend word. Dit sal gebruik word vir die bestuur en onderhoud van infrastruktuur in nasionale en wildparke, wildbeskerming en wetstoepassing, asook om mens-dier-konflik te takel,” het Muyunda gesê.

“Die onderhoud en opgradering van infrastruktuur in parke is duur en word tans deur die ministerie se ontwikkelingsbegroting befonds. Weens die huidige moeilike ekonomiese klimaat is dié begroting die afgelope jare aansienlik gesny.”

Volgens Muyunda het dit tot verhoogde wildstropery en gevalle van mens-dier-konflik aangrensend aan nasionale parke gelei.

“Op die lange duur kan dit Namibië se beeld en mededingendheid as toeristebestemming skade aanrig. Dit kan ook 'n negatiewe impak op gemeenskappe hê wat langs parke woon, daarom is 'n bewaringsfooi ingestel,” verduidelik Muyunda.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!