Parlement moet na groter familie omsien
Oom Peet skryf:
’n Enkele sonnige dag tydens die parlementsopening.
Swart pakke en stywe wit boordjies om bultende skowwe. Die wetgewers vir net enkele ure saamgekoek in ’n enorme wit tent. Lugleë toesprake een na die ander verleng hierdie sauna-marteling verder.
Net die regte inspirasie om almal se eendragtige denkwyse te verander ten gunste van ’n nuwe parlement met die jongste tegnologiese lugreëling denkbaar.
Vergete is die “Een Familie/Een Nasie” se smeekroepe om verlossing uit Katutura se sinkpondokkies onder dieselfde felle Namibiese son waarmee hulle dag vir dag worstel. Daarteenoor is nuwe verhoogde vergoedingspakette vir hierdie mense goedgekeur.
Dit is uiters moeilik om met sulke sinnelose, blinde parlementêre besluite nog respek vir hierdie mense te hê.
Familie? Waaattt?
Dan het die voorsitter van die Nasionale Raad, me. Margaret Mensah-Williams, se besprekingspunte nou ’n algehele laagtepunt bereik.
“Droë seks veroorsaak MIV”? Met die beste wil ter wêreld kan platvloersheid in die hogere raadsale van ons land nie goedgepraat word nie. Bestaan waardigheid nog in die “Honourable House”?
My simpatie met opgevoede verslaggewers wat sulke onsmaaklike inligting dan ook nog moet verwerk om iets beskaafd leesbaars vir opgevoede lesers te kan aanbied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie