Parlement oordeel LPM-leiers vandag
Twee LPM-leiers het op ’n politieke vergadering hul ontwrigtende optrede by laas week se staatsrede goedgepraat.
Augetto Graig
Die parlement sal vandag sê of die gedrag van die Landless People’s Movement (LPM) se leiers, mnre. Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb, laas week ná die staatsrede deur president Hage Geingob aanvaarbaar is, of nie.
Die staande komitee op reëls en bevele van die parlement sal vandag vergader om vas te stel of die twee se optrede Donderdag in die Nasionale Vergadering (NV) die reëls oortree het.
Volgens mnr. David Nahogandja, die NV-woordvoerder, sal die komitee dan verdere optrede, indien nodig, na die parlement se komitee op voorregte moet aanbeveel. Die voorregtekomitee is vir dissipline onder parlementslede verantwoordelik, sê Nahongandja.
Tot dan bly die bevel deur die Speaker, prof. Peter Katjavivi, van 16 April in werking, naamlik dat die twee lede nie toegelaat word om die parlement te betree nie, sê hy.
Katjavivi sal voorsitter wees by die reëlskomiteevergadering waar elke party se hoofsweep en elke voorsitter van ’n parlementêre komitee sal deelneem. Die komitee op voorregte bestaan uit die parlementslede me. Agnes Kafula, mnre. Sebastian Karupu, Philippus Katamelo, McHenry Venaani en Bernadus Swartbooi. Uiteraard sal Swartbooi nie homself sal kan verhoor nie, sê Nahogandja.
Volgens Katjavivi se bevel was Swartbooi en Seibeb tot so ’n mate ongehoorsaam dat hy die wapensersant moes vra om hulle uit die perseel te verwyder. Hierna moes die parlementêre sekuriteitsbeamptes ingryp om die wapensersant te help omdat Swartbooi en Seibeb nie hul samewerking gegee het nie.
“Die huis het in totale wanorde ontaard. Die huis kon nie met die sessie voortgaan nie,” het Katjavivi gesê. Hy het toe reël 115 toegepas en die vergadering verdaag.
Swartbooi het egter die naweek op ’n vergadering op Keetmanshoop gesê die onstuimigheid het vererger ná president Geingob se opmerking, “Hoekom is julle twee altyd so?” ná Swartbooi en Seibeb se aandrang dat Geingob antwoord op hul beskuldigings van beweerde korrupsie deur eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila.
Swartbooi sê hy is omsingel en na buite geneem, waar volgens hom probeer is om hom in die geheim met gif in te spuit. Hy beweer hy is net gered deur die tydige aankoms van Eagle FM se joernalis Kelvin Chiringa wat ’n onderhoud met hom versoek het.
By dieselfde geleentheid het Seibeb gesê hy het die papierkopie van die staatsrede opgeskeur en op die vloer gegooi, “omdat dit ’n nuttelose dokument is. Toe ek begin uitstap, het ’n kort parlementsbeampte my gegryp, maar dit was eers buite waar ’n klomp polisiemanne was, waar hulle my pak geskeur het.”
Die politieke ontleder professor Nico Horn sê hy het die LPM-vergadering op sosiale media gevolg en het gesien Swartbooi en Seibeb doen hulself as die slagoffers van die verhaal voor.
“Die hele kwessie van ontwrigting is ongepas en om dit weer te doen, maak geen sin nie. Mens moet jouself vra, wil ek deel van hierdie parlement wees, of wil ek buite die parlement wees waar ek my eie reëls maak, op die president kan skreeu en kommentaar soos ek wil.”
Horn sê: “Almal het dit (omstrede gedrag) verwag en dis wat hulle gedoen het. Dit was natuurlik beplan.” Horn waarsku dat onbeskaafde gedrag gewone mense se simpatie met die twee en hul party in die gedrang bring.
“Dit is baie teleurstellend, terwyl jy die mag het om werklike verandering te kan bring, om jouself as ’n buiteparlementêre groep voor te stel, wat dit onmoontlik maak dat jy steeds die regering-in-afwagting kan wees,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie