Parlement verwerp Brexit-tydrooster
Parlement verwerp Brexit-tydrooster

Parlement verwerp Brexit-tydrooster

Terwyl die sperdatum van 31 Oktober vir Brittanje se vertrek uit die EU vinnig naderkom, hang die ooreenkoms in die weegskaal.
Dit blyk dat die Europese Unie die Britte nou moontlik tot 31 Januarie uitstel sal gee nadat Donald Tusk, president van die Europese Raad, in 'n twiet gesê het dat hy die 27 lidlande van die EU sal vra om Brittanje se skeidingsooreenkoms te aanvaar.

Dit kom nadat Brittanje se vertrek uit die EU Dinsdag in chaos gedompel is nadat die parlement die Britse premier, Boris Johnson, se tydrooster verwerp het om sy Brexit-­uittredingsooreenkoms te bekragtig.

Die parlement het sy ooreenkoms gesteun, maar meen die rooster wat voorgestel word is te streng.

Terwyl die sperdatum van 31 Oktober vir Brittanje se vertrek uit die EU vinnig naderkom, hang die ooreenkoms in die weegskaal terwyl 'n verdeelde Britse ­parlement ­debatteer oor wanneer, hoe en selfs óf die uittrede moet gebeur.

Johnson het Dinsdag gesê die regering sal die wetgewingsproses onderbreek om die Brexit-ooreenkoms met die EU te ­bekragtig, terwyl die blok besluit of Brittanje se beplande uittrede op 31 Oktober vertraag moet word.

Johnson het gesê: “Die EU moet nou besin oor hoe om die versoek van die parlement vir 'n uitstel te beantwoord.

“Totdat hulle 'n besluit geneem het, sal ons hierdie wetgewing onderbreek. Laat ek duidelik wees, ons beleid bly dat ons nie moet uitstel nie,” het hy gesê.

– Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!