Parlementariër vra gratis Wi-Fi landswyd

Amutse het ’n uitgebreide motivering vir sy voorstel ingedien.
Augetto Graig
Augetto Graig – ’n Lid van Swapo in die Nasionale Vergadering (NV), mnr. Modestus Amutse, het Woensdag ’n mosie in die parlement voorgelê waarin hy ’n beroep doen om gratis Wi-Fi-netwerkdekking by openbare en privaat instansies landswyd.

“Die digitale kloof wat vandag in talle lande in die wêreld ervaar word, kan in Namibië oorkom word deur 'n ondersteunende regulerende raamwerk, wat alle burgers, ongeag hul ekonomiese agtergrond, in staat sal stel om bruikbare inligting te bekom. Dis moontlik deur gratis Wi-Fi by alle publiek en privaat geriewe landswyd in te stel,” sê hy.

Amutse sê ’n e-parlementstelsel is onlangs ontwikkel om tred te hou met die globale tendens, maar ook om ’n relevante demokrasie te bevorder. Hierdeur kan alle landsburgers debatte volg en inligting bekom.

“Nogtans is die werklikheid dat ons kiesers uit ekonomies benadeelde gemeenskappe is wat uitgesluit word aangesien hulle nie data kan bekostig om ons debatte te volg nie,” sê hy.

Amutse verwys na statistiek wat aandui dat sowat 1,28 miljoen mense in Namibië tussen 2019 en 2020 van die internet gebruik gemaak het, en dat die getal deurentyd groei namate netwerkdekking oor die land verbeter.

Hy sê die gemiddelde koste vir datagebruik is op die oomblik sowat 90 sent per 1MB, of omtrent N$61 vir 3GB op spesiale aanbiedinge.

Sekere telekommunikasiemaatskappye bied data verniet aan tussen middernag en sesuur die oggend, sê hy, waarskynlik omdat verbruikers dan beperk is aangesien die meeste mense slaap.

“Ek glo dat hierdie idee telekommunikasieverskaffers sal motiveer om netwerkdekking, spoed en breëbandvermoëns te verbeter,” sê hy.

Amutse sê die vinnige evolusie en ingewikkeldheid van digitale tegnologieë, wat in die rigting van e-onderrig, e-handel en e-ministeriële dienste beweeg, “vereis dat ons as beleidmakers die land voorberei en verseker sy inwoners word nie agtergelaat nie.

“Dis ons plig om te verseker dat ons 'n raamwerk aanbeveel wat uiteindelik almal, veral ons jeug, in staat stel om toegang tot noodsaaklik inligting te kan bekom,” sê hy.

Hy sê die Grondwet eis ’n resolusie wat die openbare en private sektor sal aanmoedig om gratis toegang tot inligting te ondersteun.

Hy sê die Verenigde Nasies se menseregteverklaring en die internasionale konvensie op openbare en politieke regte brei uit dat vryheid tot uitdrukking ook die reg om inligting insluit.

“Sodra daar op ’n gratis WiFi-raamwerk ooreengekom is, wat toegepas word, sal mense wat kwesbaar is gelyke regte om toegang tot inligting hê, om hul vermoëns in hul verskillende lewenssfere op te bou.

“Die jaar 2030 waarop ons visie vir breë nywerheidsontwikkeling en ekonomiese transformasie gegrond is, kom nader. Om in ’n raamwerk vir gratis Wi-Fi te belê, is ’n stap in die regte rigting, veral vir ons jeug. Dit sal ook geweldig bydra om die gaping tussen ryk en arm te verklein wanneer dit by toegang tot inligting kom,” dring hy aan.

Na ’n baie kort debat is die mosie na die betrokke parlementêre staande komitee verwys.

ANDER MOSIES

Ander mosies wat dié week in die NV voorgelê is, sluit in mnr. Nico Smit van die PDM se mosie vir meer beraadslaging met die opstel van die begroting. Hy het ook ’n mosie ingedien vir beter voorbereiding en langer geleenthede vir debatte om meer wetsontwerpe per jaar goed te keur.

• Die PDM se mnr. Geoffrey Mwilima vra dat die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, antwoorde moet verskaf oor die geldsake van die Kyaramacan-vereniging, wat 5 000 San in die Bwabwata Nasionale Park moet bevorder. Hy het op ouditverslae aangedring.

• Sy medepartylid Kazeondgere Tjeundo wou by die arbeidsminister Uutoni Nujoma weet oor rassisme by die Erindi Privaat Wildreservaat, terwyl mnr. Johannes Martin by die sportminister, me. Agnes Tjongarero, wou weet oor haar adjunk se besoek aan die Afcon-sokkertoernooi in Kameroen. Martin het ook ’n mosie ingedien om die stand van sport te debatteer.
• Parlementslid Inna Hengari het minister John Mutorwa gevra hoekom die Paaieowerheid nie die ingenieure wat beurse ontvang het in diens neem nie.
• Me. Winnie Moonge wou weet oor TB-werkers wat nie meer befonds word nie en die PDM se me. Elma Dienda wou by die minister van finansies weet oor skuld aan China.
[email protected]

FOTO’s
Enkele instansies in Namibië geniet reeds die voorreg om gratis Wi-Fi aan hul gaste te kan bied. Foto argief
Die Swapo-parlementslid mnr. Modestus Amutse. Foto argief

Kommentaar

Republikein 2024-09-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 19° | 35° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 23° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 23° | 33° Otjiwarongo: 18° | 29° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 17° | 26° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:12, High tide: 02:24, Low Tide: 20:36, High tide: 14:35 Swakopmund: 13° | 17° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:22, Low Tide: 20:34, High tide: 14:33 Walvis Bay: 14° | 27° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:21, Low Tide: 20:34, High tide: 14:32 Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 18° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 23° Ariamsvlei: 17° | 32° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 13° | 29° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 9° | 25° Maseru: 12° | 23° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 17° | 26° Cape Town: 14° | 20° Durban: 14° | 27° Johannesburg: 12° | 23° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 29° Harare: 13° | 27° #N/A #N/A