Parlementslede maak bespotting van parlement
Parlementslede (MP’s) wat laat is, koerante lees en op hul selfone tydens sittings is en hul pligte versaak, maak ‘n bespotting van die wetgewende huis.
Volgens die adjunkdirekteur van die Universiteit van Namibië (Unam) se sentrum vir professionele ontwikkeling en onderrig, mnr. Ndumba Kamwanyah is die toenemende neiging van MP’s om hul tyd elders te verwyl, 'n teken dat politici geen respek het vir die mandaat waarvoor dit gevestig is nie.
Hy het voorts gesê MP’s is veronderstel om buite en binne die parlement deur hul voorbeeld te lei.
“Hulle moet weet dit is ‘n openbare huis, hulle is onderhewig aan noukeurige ondersoek in die sin dat die publiek sien wat hulle doen, hetsy in koerante of op die televisie,” het Kamwanyah gesê.
Dit volg enkele dae nadat die minister van veiligheid en sekuriteit, mnr. Charles Namoloh op kamera betrap is waar hy glo tydens ‘n sitting na ‘n fliek gekyk het. Sy verweer was dat hy homself op hoogte hou van verwikkelinge in geo-politiek. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie