Parlementslid rand glo twee aan
Denver Kisting – ’n 49-jarige lid van die Nasionale Raad (NR) verskyn na verwagting vanoggend in die Windhoek-landdroshof in Katutura nadat hy verlede week glo twee mense aangerand en met die dood gedreig het.
Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, sê die raadslid is omstreeks 22:00 Vrydag in hegtenis geneem.
Hy is aanvanklik by die Otjomuise-polisiekantoor se aanhoudingselle aangehou, maar is intussen vanweë veiligheidsredes na die Seeis-aanhoudingselle by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako verskuif.
Verlede Sondag het die raadslid glo ’n man se motor beskadig en dié man met ’n vuurwapen gedreig.
Shikwambi sê dié beweerde voorval het daardie dag omstreeks 21:00 in Uirabstraat naby die People’s Primary School in Katutura plaasgevind.
Blykbaar het ’n onderonsie tussen die mans ontstaan nadat die raadslid lede van die publiek beveel het om huis toe te gaan.
Vrydag omstreeks 18:00 het die raadslid glo ’n 31-jarige vrou by sy huis aangerand en gedreig om haar dood te skiet.
Dié lid van die publiek het na wat verneem word die raadslid om hulp genader met haar aansoek om die noodinkomstetoelaag van N$750.
Die Namibiese regering het onlangs dié hulp aan Namibiërs aangebied wat weens Covid-19 hul inkomste kwyt is en diegene wat reeds voor die pandemie se uitbreking werkloos was.
In dié stadium word geen romantiese verbintenis tussen die raadslid en die vrou vermoed nie, het Shikwambi gesê.
Die raadslid het die afgelope jare verskeie kere met die gereg gebots. Van dié sake is steeds hangend.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie