Parys, ons het u2019n probleem
Parys, ons het u2019n probleem

Parys, ons het ’n probleem

Die lande waar steenkool of olie ’n groot persentasie van binnelandse energieproduksie verteenwoordig, het tipies geen meganismes vir koolstofheffings gereed nie.
Francois Williams – Die kinders en kleinkinders van die volwassenes wat tans leef, sal waarskynlik die ergste gevolge van klimaatsverandering moet trotseer, want die beleidstappe van die grootste ekonomieë in die wêreld is nie voldoende om dit te verhoed nie.

Die navorsingsgroep IHS Markit se jongste ontleding wys die markgegronde meganismes wat groot lande gebruik om hul kweekhuisgasse te verminder, sal nie genoeg wees om die Parys-ooreenkoms oor klimaatsverandering te eerbiedig nie.

Die grootste ekonomieë gebruik geldelike aansporings, heffings op koolsuurgasvrystellings en die bestuur van subsidies, maar IHS se navorsing wys dit is onwaarskynlik dat die huidige gebruik van dié meganismes die teikens sal haal wat in die Parys-ooreenkoms gestel is, sê Anna Mosby, senior klimaat- en koolstofontleder by IHS.

Daar behoort teen 2020 ’n heffing van tussen $40 en $80 per ton op koolsuurgas of ekwivalente kweekhuisgas te wees om die daling in die vrystelling van kweekhuisgasse te haal waarvoor die Parys-ooreenkoms mik, sê Mosby. Maar die gemiddelde heffing van die G20-groepering van grootste ekonomieë is maar $16 per ton, wat beteken die gemiddelde koolstofheffing moet minstens verdriedubbel om die vrystellings binne ’n aanvaarbare perk te kry.

Daar is verdere hindernisse in die vorm van subsidies vir fossielbrandstof (steenkool, olie, aardgas) wat as ’n negatiewe pryssein optree, sê Mosby.

Dr. Steven Knell, medeskrywer van IHS se navorsingsverslag, sê dit kan nog tot 2030 duur voordat die prysseine vir koolsuurgas die nodige vlakke bereik wat die Parys-ooreenkoms vereis. Die wêreld is derhalwe sowat 12 jaar agter in sy stryd teen klimaatsverandering.

Die lande waar steenkool of olie ’n groot persentasie van binnelandse energieproduksie verteenwoordig, het tipies geen meganismes vir koolstofheffings gereed nie. Dit sluit in Suid-Afrika, Rusland, Indië, Brasilië, Saoedi-Arabië en Indonesië.

Suid-Afrika het wel ’n plan om volgende jaar ’n koolstofbelasting in te stel.

Die Parys-ooreenkoms is in Desember 2015 op die Verenigde Nasies se klimaatberaad gesluit. Die oogmerk daarvan is om te keer dat die gemiddelde temperatuur op aarde met meer as 1,5 °C bokant die vlakke van voor die nywerheidsrevolusie styg, om sodoende weghol-klimaatsverandering te help keer. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!