Djokovic wen in hof, regter beveel sy vrylating
Tennis
Novak Djokovic het Maandag sy regsgeding gewen, maar dit is nog nie duidelik of hy in die Australiese Ope sal speel nie.
Regter Anthony Kelly het die Aussie-regering beveel om die Serwiese tennisster uit aanhouding vry te laat en sy visum aan hom terug te besorg.
Die wêreld se nommer 1-speler is verlede week met sy aankoms in Australië by die immigrasie-kontrolepunt by die Melbourne-lughawe aangehou en sy visum is gekanselleer omdat hy nie teen Covid-19 ingeënt is nie.
Djokovic het mediese vrywaring van ’n onafhanklike paneel kenners gekry om wel te mag deelneem, maar dit het die oorgrote meerderheid Australiërs, wat onder streng Covid-19-maatreëls gebuk gaan, die harnas in gejaag.
Kelly het gesê Djokovic het die vereiste mediese vrywaring van ’n Covid-19-inenting ontvang voordat hy na Melbourne gereis het.
“Wat meer kon die man gedoen het?” het Kelly gevra.
Die uitspraak is egter nie ’n waarborg dat Djokovic in staat sal wees om in die eerste Grand Slam-toernooi van die jaar mee te ding nie.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie