Pasgebore baba in asdrom gevind
Jessica Botes - Die liggaam van 'n pasgebore babaseuntjie is Woensdag op Swakopmund gevind.
'n Verbyganger het om 14:00 op die lewelose ligaampie in 'n asdrom naby die Woermann Brock-inkopiesentrum in Vineta afgekom.
Die baba is vermoedelik vroeër die dag lewend gebore en in die asdrom gelos om te sterf.
Volgens adj.komm. Erastus Iikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, het die verbyganger die polisie onmiddellik daarvan in kennis gestel.
Die liggaam is deur lede van die vroue- en kinderbeskermingseenheid na die polisielykshuis op Walvisbaai geneem sodat 'n nadoodse ondersoek gedoen kan word.
Polisiebeamptes wat op die toneel was, glo die baba is nie vroeggebore nie en dat hy by geboorte gelewe het.
Hulle het egter gesê verdere ondersoek moet ingestel word om die oorsaak van die baba se dood te bepaal.
'n Saak van die verberging van 'n geboorte is oopgemaak en die polisieondersoek gaan voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie