Pasgebore baba in plastieksak onder ‘n boom gevind
Vier moordsake is die afgelope week by die polisie aangemeld.
Otis Finck op Walvisbaai - Die polisie in die Erongostreek ondersoek ‘n saak van kinderversaking en -verwaarlosing in Arandis.
“’n Lid van die publiek het omstreeks 06:20 gister ‘n pasgebore meisie huilend in ‘n plastieksak onder ‘n boom langs ‘n pad in die woonbuurt van Arandis gevind en die polisie in kennis gestel. Dit wil voorkom asof die baba vroeg die oggend waarskynlik deur haar ma daar weggegooi is," het hoofinsp. Erastus Ikuyu gesê.
Die baba is na die kliniek op Arandis geneem waar sy medies ondersoek is. Sy is in ‘n gesonde toestand. Die ondersoek duur voort.
Voorts is ‘n 24-jarige verdagte in hegtenis geneem in verband met ‘n moord wat Vrydag op Swakopmund aangemeld is.
"Bianka Sharlene Waundja (28) is dood nadat sy na bewering tydens ‘n stryery deur haar kêrel met ‘n klip aangerand en met ‘n mes gesteek is. Die voorval het omstreeks 22:00 by erfnommer B-12-105A in Erastus Shatonastraat in die DRC-woonbuurt plaasgevind," het Ikuyu gesê.
“Ons is nie seker wat die bakleiery veroorsaak het nie. Die verdagte sal vandag in die landdroshof op Swakopmund verskyn. Die naasbestaandes van die oorledene is in kennis gestel,” het Ikuyu gesê.
Die lewe van ’n elfjarige seuntjie is Saterdag om 09:00 by Keetmanshoop se Ileni-nedersetting kortgeknip, berig Augetto Graig.
"Hy het by ’n huis met twee ander twaalfjarige seuntjies by ’n geparkeerde voertuig gespeel toe hulle ’n vuurwapen tussen die agtersitplekke gevind het. ’n Skoot het afgegaan en die jonger seun is ernstig in sy bors gewond," het 'n woordvoerder van die polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, gesê.
Die slagoffer, Mathew Tiboth (11), is onmiddellik na die hospitaal geneem maar was met sy aankoms reeds dood.
"Die ander twee seuns word tans vir skok behandel en tot dusver kon die polisie geen verdere besonderhede van hulle kry nie. Die vuurwapen is ’n gelisensieerde Makarov 9 mm-pistool waarop beslag gelê is," het Shikwambi gesê.
Die polisie ondersoek ’n saak van moord of, as alternatief, nalatige hantering van 'n vuurwapen in verband met die voorval.
In Otjiwarongo se DRC-nedersetting is mnr. Jackson Micheal (28) Saterdag omstreeks 20:30 by die Hollywood Bar met ’n mes gesteek.
"Die rede vir die aanval is nog onbekend maar die polisie het die 27-jarige verdagte omstreeks 02:00 Sondag by ’n plaaslike vulstasie vasgetrek nadat hy van die toneel gevlug het. Die familie van die oorledene is ingelig en die polisieondersoek duur voort," het die woordvoerder gesê.
Op Rehoboth is mnr. Howard Walter Coetzee (29) Saterdag omstreeks 19:20 oorlede.
"Hy is in Blok G in Kivukiland na bewering deur sy swaer met ’n mes in die linkerkant van sy bors gesteek. Die rede vir die aanval is nog onbekend. Coetzee het op pad na die hospitaal beswyk. Die 34-jarige verdagte is in hegtenis geneem en die polisie-ondersoek duur voort," het Shikawmbi gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie