Pasop, nie alle varkies kom weer op hok nie
Dit was een oggend, met die skaduwee wat nog lank voor my strek, toe ek besef hoeveel varkies rondom my hol.
Jy weet – al die verlore varkies wat mense in ’n wanordelike 2020 verloor het.
Die jongste is toe een of ander land ’n man – wat glo aan teësinnige dogtertjies klou en hul hare inasem, tot president verkies is.
Die hare en oranje comb-overs vlieg glo daaroor, maar iemand vergeet weer sy woorde voor hy nog klaar kon praat.
Ai tog, gelukkig is dit ’n ander land. Elkeen vir homself, asseblief, en was jou hande in onskuld, dit is alles kowit se skuld.
Dieselfde oggend soek iemand ’n “maklike pannekoekresep” op Facebook, maar ai, sy druk ’n “k” waar die “m” moet wees. Wel, daar was hewige reaksie op haar vraag, maar ek vermoed sy het nog steeds nie haar resep gekry nie.
Gee net ’n resep, oukei? Almal maak foute!
Marakkas.
“Almal het 'n apie, dis daarom dat die plek lyk soos hy lyk. En niemand kry sy apie om te wyk nie . . .” (Spyker op die kop, sing, Chris Chameleon, sing!) “Niemand het nie ’n apie nie wat nie amok wil maak nie. Almal het ’n apie, moet my nie so aangaap nie! Jy het ook ’n apie! Kom bring gerus jou apie, ons hou ’n apie-paartie!”
Ekskuus oor die gekeelafsnyery oor die verkiesingverraaiers, sê ’n hoogheid vir koerante, en dekades ná almal moes aanbeweeg het, sit die eerbares weer die kleurbrilletjie op. Ook nie nét die eerbares nie, let wel.
Dankie 2020, nou hol die varkies rond en die apies dikteer ons gedagtes. Dit herinner my aan ons Engelse voorgeskrewe boek in matriek: Animal Farm deur George Orwell, waar die skape propageer en “kowit-kowit” hoes.
Ekskuus, ek is ’n leek en laat ons nou nie te diep raak nie. Veral nie terwyl ons apies nie wil wyk nie en ons varkies reeds oral rondloop. Balans moet altyd gehandhaaf word en ek belowe, orde sal ook ná chaos volg.
Discordia (die Romeinse godin van chaos) het skynbaar gemeen die jaar met sy perfekte getal, is ook die perfekte tyd om toe te slaan. En sy lê soos sy lag, want as jy eers die wêreld omkrap, krap jy volgende mense se koppe om!
Dit herinner my aan ’n vragmotorongeluk in die Amerikaanse deelstaat Ohio in 2015, wat 2 200 jong varkies vervoer het. Die lorrie was in ’n ligte ongeluk betrokke, het omgeslaan en sowat 1 700 varkies het op die snelweg rondgehol.
Verbeel jou dié toneel - die allerpragtigste chaos.
Polisiemanne, het eers met hande in die hare gesit, en toe sit hulle die varkies agterna. Ek meen, wat sou jy gedoen het? Wat staan enigeen te doen?
Sowat 200 varkies het na die woude ontsnap en kon nie gevang word nie.
Dus moet jy oppas, nie alle varkies kom weer op hok nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie