Pasop vir dié firmas wat sake doen in kriptogeld
’n Finansiële waghond het in ’n verklaring gesê daar is ’n groot waarskynlikheid dat kliënte se geld wanaangewend is.
Nellie Brand-Jonker – Die Gedragsowerheid van die Finansiëledienstesektor (FSCA) het ’n ondersoek begin oor Coinit Trading en Commex Minerals omdat daar vermoed word hulle bedryf beleggingskemas wat die publiek na bewering bedrieg.
Die FSCA het in ’n verklaring gesê daar is ’n groot waarskynlikheid dat kliënte se geld wanaangewend is.
Dit volg nadat inligting ontvang is oor die twee ondernemings wat beleggings aan die publiek aanbied.
Volgens die FSCA is “onrealistiese opbrengste” aan mense beloof.
Nie een van die ondernemings het ’n lisensie om finansiële dienste te lewer of deposito’s van die publiek te ontvang nie.
Coinit Trading en Commex Minerals doen van dieselfde hoofkantoor in Dundee in KwaZulu-Natal hul sake.
Coinit het ook kantore in Johannesburg, Vryheid en Newcastle terwyl Commex ook in Durban, Johannesburg en Port Elizabeth bedrywig is.
Volgens die FSCA is Michael Andrew Anthony de Beer ’n direkteur van Coinit.
Patricia Ursula de Beer is ’n direkteur van Commex Minerals.
FSCA sê verder:
Die publiek is gemaan om nie finansiële sake met MGM Markets te doen nie.
Die onderneming het nie ’n lisensie by die FSCA nie. Volgens die FSCA is dit die MGM Markets wat die webtuiste www.mgm-markets.com gebruik. Dié maatskappy beweer op sy webtuiste hy is ’n aanlyn platform waar verskilkontrakte vir kriptogeld verhandel kan word.
“MGM Markets beweer ook hulle voldoen aan die finansiëledienstebedryf se strengste wetsvereistes. Neem kennis dat MGM Markets nie ’n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer is nie.”
Die FSCA maan die publiek ook dat kriptogeld nie beheer word in Suid-Afrika nie. “Enigiemand wat in kriptogeld handel dryf in Suid-Afrika doen dit op eie risiko.”
Die publiek is ook gemaan om nie finansiële sake met Mashamba Asset Managers, Mzansi Platinum Cover en hul direkteur Jerifanos Mashamba te doen nie.
Die ondernemings en Mashama self is nie gemagtig om finansiële dienste te lewer nie.
Mashamba Asset Managers was voorheen gelisensieer. Sy lisensie is egter 3 Julie vanjaar teruggetrek omdat daar nie aan die vereistes van die wet op finansiële advies en tussengangerdienste (Fais) voldoen is nie.
Mashamba self is ook verbied om enige advies of tussengangerdienste te lewer omdat hy ook nie aan die standaarde voldoen het in sy omgang met klante nie.
Die FSCA het ook gevind dat Mzansi Platinum Cover deur sy webtuiste ’n begrafnispolis aan verbruikers bied. Die webtuiste toon Mzansi Platinum Cover is ’n produk van Mashamba Asset Managers en beweer die onderneming is gemagtig om finansiële dienste te lewer, wat onwaar is. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie