Pasop vir padwoede met taxi's
Catherine Sasman - Ja-nee, mens stry en baklei nie met ‘n taxibestuurder nie. Veral nie in spitstyd nie. Hoekom nie? Want jy sal altyd laaste kom. En moontlik duur, selfs met jou lewe, daarvoor betaal.
Ek het onlangs met ‘n vriendin ‘n geleentheid werk toe gekry. Dié is ‘n reusagtige vrou met ‘n bulderende stem en ‘n aggressiewe bestuurstyl. Sy is ongeduldig, maar vaardig en laat nie toe dat enigiemand vir haar op die pad boelie nie. Nee, sy doen gewoonlik die boelie-werk – gewoonlik.
Maar dié oggend het die wiel onverwags en vinnig teen haar gedraai, want soos gewoonlik het sy verwag dat sy haar sin op die pad gaan kry.
Sy het briesend kwaad geword toe die verkeer ophoop omdat busse en taxi’s doodsluiters half in die middel van die pad staan om hul kliënte op of af te laai. Dinge het heeltemal handuit geruk toe ‘n taxi van agter kom en die neus van sy kar voor haar indruk. Toe is die gort gaar.
Mejuffrou, gewoond daaraan dat mense vir haar skrik, het begin gil en skree en vuiste in die lug begin swaai. Sy was só kwaad dat dit gevoel het asof die kar begin bewe. Taximan het haar eers net met koue, skril oë aangegluur, maar toe sy nie tot bedaring kom nie, spring taximan uit met ‘n flitsende mes in sy hand en storm op ons kar af.
So onverwags en gewaagd was taximan se optrede dat mense op straat amper tot stilstand geruk is. Dit was asof net taximan aan die beweeg was. Die verkeer het vervaag, die geraas het verdoof, dit was net die doef-doef van taximan se voete op die teerpad wat soos ‘n hartklop in my kop gedruis het.
Totdat mejuffrou tot verhaal gekom het met ‘n “o, genade!” en ‘n diep asemteug voor sy met skreeu-bande op die sypaadjie geklim het en in ‘n parkeerterrein ingevaar het.
Taximan het terug in sy kar gespring en mes-in-die-hand-op-stuurwiel vir ons agternagesit terwyl mense in alle rigtings uit die pad spat.
Ons is uit die parkeerterrien en af met ‘n ompad op vlug van die veglustige taximan wat kort op ons hakke gebly het. Toe ons oor ‘n oranje lig vlieg moes taximan swaai-swaai briek trap om nie in ander karre vas te ry nie.
Vir ‘n oomblik het ons gedink ons is uiteindelik van ons teisteraar ontslae, maar toe ons weer ons oë uitvee kom taximan in volle vaart op ons af. Wat die man gedink het hoe ons almal daarvan sou afkom weet ek nie. Al wat ek weet is dat dit my vriendin se aggressie agter die stuur is wat ons lewens gered het.
Sy het weer heel behendig ‘n paar esse gegooi en toe die taxi deur ander verkeer belemmer is, het ons in ‘n stil straat ingeglip en skelmpies agter ‘n groot bos gaan wegkruip. Ons het seker vir so 10 minute daar gesit en bid en hoop dat die gevaar oorgewaai het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie