Pasop vir slenter, waarsku Mango
Pasop vir slenter, waarsku Mango

Pasop vir slenter, waarsku Mango

Die laekostelugdiens Mango bied geen gratis vliegtuigkaartjies aan om sy “15de verjaardag te vier nie”, sê dié lugdiens.

Dié boodskap, waarin kaartjies belowe word sodra jy op die skynbaar betroubare skakel http://flymango.com/free-tickets/ kliek, word die laaste paar dae wyd versprei.

Mango se korporatiewe webadres is inderdaad flymango.com, maar sodra jy op die skakel in die boodskap kliek, word jy na ’n advertensieblad herlei.

Die mense wat agter dié slenter sit, doen dit glo deur spesiale karakters te versteek in ’n klein, byna onsigbare kolletjie onder die “m” in “flymango”.

Die lugdiens het bevestig dat hy nie tans gratis kaartjies weggee nie en dat hulle nooit ’n spesiale aanbod op ’n platform buiten hul amptelike webwerf sal bemark nie.

Die maatskappy probeer nog uitvind wie vir hierdie slenter verantwoordelik is.

“Ons is jammer vir enige verwarring.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!